Tien slaan toe op juwelierswinkel

‘n Skermskoot van die video op sosiale media.

Tien gewapende verdagtes het Donderdagoggend op ’n juwelierswinkel in ’n winkelsentrum in Westville buite Durban toegeslaan.

Geen skote is tydens die rooftog afgevuur nie. Die verdagtes het wel winkelpersoneel oorval en juwele en koopbewyse gebuit voordat hulle in ’n wegkommotor op die vlug geslaan het.

Konst. Thenjiswa Ngcobo, polisiewoordvoerder, sê die rooftog het hom omstreeks 10:00 afgespeel.

Die verdagtes het ná die voorval in die rigting van KwaDabeka gevlug en is in dié stadium steeds soek.

’n Video van die voorval waarin geskokte ooggetuies toekyk hoe die rowers die winkel plunder voordat hulle weghardloop het intussen die lig op sosiale media gesien. Dit blyk uit die video duidelik dat ’n veiligheidswag op die voorval gereageer het. Die wag kon egter nie daarin slaag om die mans te stuit nie en kom ná die rooftog leë hande uit die winkel geloop.

Ngcobo sê die saak word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Di ·

Welkom by Sodom en Gommora. Wie moet ons bedank dat die land in ‘n misdaad nes verval het? ANC REGERING

SjN ·

Die verdagtes weet dat Hoedeman se trotse Sapd nie in staat is om hul te stuit nie.

Kokerboom ·

Ongewapende veiligheidswagte(kan ook gevaarlik wees) asook swak opleiding om sulke krisis situasies te hanteer maak die mense nutteloos! Nuwe strategieë teen sulke rowers nodig

Dries ·

ANC het geld nodig om vir die plakkate te betaal na n hofbevel.

Harley Davidson ·

Dit gaan nou baie gebeur met die swaar tye waarin ons leef en die afwesigheid van regte wetstoepassing in die piesang republiek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.