Tien sterf in gru-botsing in Limpopo

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Tien mense is Vrydagmiddag dood in ʼn botsing tussen ʼn bakkie en ʼn minibustaxi op die N1 in Limpopo.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die bakkie en die taxi was met paramedici se aankoms op die toneel in ligte laaie in die middel van die hoofweg. Volgens Meiring het omstanders die brand probeer blus.

Meiring het gesê een van die oorledenes was ʼn jong kind. Twee van die oorledenes was in die bakkie vasgekeer en die ander agt in die taxi. Die liggame moes met meganiese toerusting uit die wrakke verwyder word.

Volgens Meiring is 12 mense in die botsing beseer, waaronder ses kritiek. Hulle is op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale vervoer is vir verdere behandeling. Een van die kritiek beseerde passasiers is per helikopter na ʼn hospitaal vervoer.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Foto: Twitter

Foto: Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Peet Schabort ·

So onnodig, so onnodig. Helder oordag. Sal ons ooit weet wat hier gebeur het?

Gerhard ·

Agt in die taxi is dood, nog twaalf beseer… Ek dink die oorsaak kan dalk oorlading van die taxi wees Peet. Afhangende natuurlik hoefeel van daai beseerdes uit die bakkie kom maar volgens die berig sou ek se hulle kom uit die taxi. Daai lyk nie soos n 25 seater op die foto nie…

Peet Schabort ·

Stem saam met jou Gerhard (alhoewel die taxi heelwat korter is na die botsing). Lyk tog of die slag van botsing (die witterige kol voor die taxi en waar in beide foto’s ‘n man staan met ‘n geel baadjie) aan die kant van die taxi is. Die dubbelkajuit staan ook aan die verkeerde kant van die pad. Ek glo nie dat een van die voertuie omgeswaai het. Daar is gewoonlik nooit terugvoering wat aanleiding gegee het tot ongelukke.

Uys ·

Ek ry gereeld daardie N1 Noord. Ons mede landsburgers wat taxi bestuur gaan gereeld die voertuie verby in die aankomende verkeer se baan. Het al beleef waar al vier bane n eenrigting word. Jou mond sal oophang as jy sien hoe hulle bestuur.

Swanna ·

Dan is daar geen genade nie. Hulle moet maar groet en die bestuurder moet aangekla word vir moord as die wetter nog leef. Want dit is hy wat al die persone wat saam met hom in die Taxi is se lewe in gevaar stel. Kamakasie Taxi. Eish.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.