Tien sterf in gru-botsing

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

Tien mense is dood in ʼn botsing buite Middelburg in Mpumalanga.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 21:00 Saterdag na die ongelukstoneel op die R555 in die rigting van Witbank ontbied. ʼn Vragmotor en ʼn minibustaxi het reg van voor gebots.

“Die liggame van die tien mense is in die taxi gevind. Hulle is almal op die toneel dood verklaar. Slegs een passasier van die taxi, ʼn 22-jarige vrou, het die ongeluk oorleef. Sy moes met behulp van meganiese toerusting uit die wrak verwyder word voor sy na die Middelburg provinsiale hospitaal gehaas is vir verdere behandeling.”

Volgens Vermaak het die bestuurder van die vragmotor ligte beserings opgedoen. Hy is op die toneel behandel voor hy ook na die Middelburg provinsiale hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Charles ·

Absoluut tragies !! Hoe lank nog voordat die verkeersowerhede se oe oopgaan en hierdie taxi-bestuurders [moordenaars] begin kortvat? Dalk wil hulle nie want baie van hul is dan taxi-eienaars!

Debbie ·

Hierdie is regtig die pad van die dood! Soveel gruwelike ongelukke gebeur op n gereelde basis op hierdie pad. Die toename in vragmotors en myne in die 30km strook pad is skrikwekkend.

Annie ·

Taxi steek mos verby net wanneer hulle wil. Soliede wit lyne beteken niks .. het dit self ervaar

JJ ·

Baie ooglopend, pad tekens beteken al geruime tyd niks vir die groot meerderheid pad gebruikers nie, dis ook gladnie moeilik om n onwettige omkoop lisensie te bekom nie. Verkeers owerheid spits hulle net toe om onder die bome te sit en jou vas te trek as jy so effe van spoed grens afgedwaal het, groot meerderheid van ongelukke op openbare areas is verby steek waar dit ongemagtig is. Sper en dubbel sperstrepe is net versierings op die ry vlak, ons kan dit net so wel pienk maak

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.