Tien sterf in gru-ongelukke in Mpumalanga

Die ongelukstoneel in die Verena-omgewing in Mpumalanga (23 September 2017). Foto: Verskaf

Tien mense is dood en vyf ander is ernstig beseer in twee gru-ongelukke Saterdagoggend in Mpumalanga.

Joseph Mabuza, woordvoerder van die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, het gesê sewe mense is dood toe ʼn bakkie in Verena omgeslaan het. Vyf mense, insluitend die bestuurder van die bakkie, het ernstige beserings opgedoen en is na die Philadelphia-hospitaal in Dennilton gehaas.

In ʼn tweede ongeluk het ʼn vragmotor en ʼn motor op die R50 naby Delmas gebots. Drie mense het in dié ongeluk gesterf, het Mabuza gesê.

Die onderskeie oorsake van die ongelukke is nog nie bekend nie, maar dit word deur die polisie ondersoek.

Pat Ngomane, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, het sy medelye aan die naasbestaandes van die slagoffers uitgespreek. Hy het padgebruikers versoek om baie versigtig agter die stuur te wees om sulke noodlottige ongelukke te vermy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Basiese dingetjies ·

1. Drank en bestuur gaan nie saam oftewel gesuip agter die stuur is moord.
2. Geduldig wees met ander bestuurders al ‘kruip’ hulle hier voor jou in die pad.
3. Wag jou beurt af om verby te gaan al ry jy daardie ‘kragtige’ en ‘imponerende’ dubbelkajuit of soortgelyke voertuig.
4. Wees hoflik en beskou jou bestuurslisensie as ‘n voorreg.
5. Hou jou oë oop vir gebeurlikhede soos byv. taxis wat tot enigiets in staat is.
6. Bestuur binne jou vermoë maar moet ook nie ‘stert trap’ op die voertuig voor jou.
7. Die spoedgrens is net ‘n aanduiding en is nie daar om beskou te word as die spoed wat ten alle koste gehandhaaf moet word. Pas jou dus aan by padomstandighede.
8. Moet ook nie ‘slaap’ op die pad en dink jy bestuur veilig teen 70km/h terwyl jy almal frustreer.
9. Moenie dink dat K53 jou volkome ‘geleerd’ maak. Inteendeel is dit ‘n onding om jou met daardie ‘kwalifikasie’ op die pad los te laat. Daar is ‘n klomp goete wat weggelaat word wat van die uiterste belang is.
10. Ons is nie almal op ‘n puntestelsel uit 10 dieselfde. Hou dus in gedagte dat verdraagsaamheid en om jou humeur in toom te hou goud werd is. Bly dus weg van padwoede.
11. In die 1940’s is ‘n boekie uitgegee ‘Die Padkode van SA’. wat een pennie gekos het. Wat daarin gesê word geld nog vandag.
12, Na 57 jaar is ek nog veilig op die pad.

BOER ·

Wil MAROELA media nie asb ophou met die gru woord nie.Elke hoofopskrif praat van gru moord of gru ongeluk. Alle insidente is grusaam as mense dood gaan Koop asb n nuwe woordeboek en gebruik ander woorde ook!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.