Tien sterf in gru-ongeluk op N2

Argieffoto: Twitter via @_ArriveAlive

Tien mense is Maandagaand in ʼn gru-ongeluk op die N2 by Umzumbe naby Port Shepstone in KwaZulu-Natal dood.

Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC), het gesê die ongeluk het omstreeks 18:45 plaasgevind. Drie Toyota Quantum-voertuie was in die botsing betrokke.

“Daar word beweer twee van die Quantum-voertuie het in ʼn suidelike rigting gery en die derde in ʼn noordelike rigting. Die Quantum in die noordelike rigting het probeer om ʼn voertuig voor hom verby te steek op ʼn plek waar die twee bane van die snelweg een word en het die aankomende voertuig getref. Die derde voertuig het probeer om die ongeluk te vermy, maar het teen die voertuig voor hom gebots,” het Zwane gesê.

Tien mense is in die ongeluk dood. Drie van die oorledenes was kinders.

Zwane het gesê die presiese omstandighede van die ongeluk word ondersoek. ʼn Saak van strafbare manslag is aanhangig gemaak.

Hy het gesê die RTMC is steeds besig om ʼn busongeluk te ondersoek wat drie dae gelede naby Nkandla gebeur het en die lewe van 15 mense geëis het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Ook bekend as . . . ·

Ook bekend as taxi. Hoe onnodig om op die laaste oomblik nog net daardie plekkie te wen voor jou ‘teenstander’. Dis mos ‘n wedren wat gaan oor plekke!! Sterkte aan die slagoffers en naasbestaandes.
Padgedrag sal MOET verander!
GEDULD IS DIE EERSTE WAT AANGEKWEEK SAL MOET WORD!!

Haan ·

Dis nou as s n paar minute meer belangrik is as die veiligheid van die passasiers.

John ·

Langnaweke is ‘n onding. Mense kla oor geld maar jaag ten duurste rond. Meer as 30, 000 op Durban se strande op Paassondag en duisende jaag Kaaptoe om te hol vir geld en dis braaivleis en drank… en uiteindelik baie dooies van al die weg-van-die-huis-uitjoltrippies. En waar is die kerkgangers waaroor dit alles tog gaan… na Christus-vieringe? Hoe minder joldae… hoe minder hartseer daarna… en darem nog geld in die sak.

Pietsepan ·

Die verkeerspolisie moet met motorfietse saam met die verkeer ry om roekelose bestuurders aan te keer. Maar nee al wat hulle doen is om kameras te beman. Wie onthou nog die Kaapse “blou bottels” op hul Harley Davidsons?

Hendrik ·

Dit is die enigste oplossing. Vaste vlek vliegtuie in die lug om die oortreders te identifiseer en die motorfietse om die oortreders van die pad af te haal. Dit is die oplossing. en alles word opgeneem deur kameras om korrupsie te verhoed en vir bewysereg.

Venus ·

Quantum = taxis, ek gaan niks daaroor sê nie, julle behoort te weet. Steeds luister niemand en niemand wil hierdie voertuie of die bedryf reguleer nie. En ja ek het simpatie met die naasbestaandes van die oorledenes, ek is nie gevoelloos nie, maar hoe minder mense luister, en hoe banger die owerheid is om op te tree teen hierdie mense, hoe meer ongevalle.

Leon ·

Ek hoor wat mense sê van taxis. Ja, hulle is vir baie botsings (NIE ongelukke), verantwoordelik. Maar wat van die ander BOTSING, waaring agt mense sterf, wat almal in een klein motortjie was! Dit is duidelik dat daar geen dissipline of respek by bestuurders is nie. Ek raak ook erg omgesukkeld met taxis, net om by die volgende punt deur ‘n “normale” voertuig byne van die pad af gedruk word omdat ek dit durf om by die spoedgrens te bly!!!

Asjas ·

My gunsteling tyd verdryf is nou weer om by Stop tekens en Rooi Verkeersligte te stop. Gee my eindloos plesier maar ek sien dit maak ander mense kwaad en dan vloek hulle my!

Johan. H. ·

Lekker om vinnger te wys, ALMAL op die pad is een of ander tyd skuldig,,, NIE net Quintums of taxis of BMWs of Busse nie. Ek bestuur n Quintum,, Nognie n ongeluk of n boete gekry nie,,, Word asb groot mense,,sodra jy op die pad gaan is jy n moontlike statistiek,,,

Lindie ·

Dank die Heer ons het dit net gemis, was gister oppad terug vannaf PE en ek het weer dinge oppad gesien wat my laat snak het na my asem, onverantwoordelik is liggestel, en onervare, ons het self paar keer noue ontkomings gehad, dis skokkend hoe onverskillig die bestuurders is, ongelukkig is daar altyd onskuldige partye ook betrokke. Om veilig by mens se bestemming te kom is deesdae genade.

Tiger ·

Indien die bestuurder van die skuldige taxi dit oorleef het moet hy van moord aangekla te word.Vergeet van strafbare manslag want dit was NIE ‘n ongeluk nie.Die pad wette moet verander word want ons paaie het ontaard in ‘n slagveld agv bestuurders wat niks omgee vir ander mense se lewens nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.