Foto’s: Tien sterf in gru-ongeluk

Foto: @renejuane/Twitter

Foto: @renejuane/Twitter

Tien mense is dood en veertig beseer na ‘n vragmotor, ‘n motor en ‘n bus Woensdagaand op die R40 buite Witrivier in Mpumalanga gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê met paramedici se aankoms op die toneel was die bus in ligte laaie. Die vragmotor en motor het ook na die botsing aan die brand geslaan.

“Tien gebrande liggame het rondom die bus gelê. Paramedici het onmiddellik die 40 pasiënte op die toneel begin behandel. Van die pasiënte het gevorderde lewensondersteunende behandeling ontvang voor hulle na verskeie nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling.”

Meiring sê brandbestryders het lank gesukkel om die brande te blus. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tersia Mathews ·

Dit is skokkend dat soveel mense ,broodwinners in een week in motorongelukke omgekom het. Wat gaan aan? Die voeruie is of nie padwaardig nie, of die algemene wetteloosheid op die paaie is die oorsaak. Iets sal gedoen moet word.

Gottfried Grobbelaar ·

Nadat ek ‘n bus reis onderneem het vanaf Pretoria na Kaapstad is ek oortuig dat die probleem le by bestuurders opleiding en houding. Teen Heksrivierpas af het die bestuurder die bus uit rat gehaal en net laat afhardloop, 150 km per uur het ek op die spoedmeter gesien. Op daardie spoed is daar geen kans van stop nie. Die bestuurder het luidkeels grappe gemaak met sy mede bestuurder. Ek het hierdie onverskillige optrede onder die aandag van die bestuur van die busmaatskappy gebring, met geen optredes van hulle kant af nie. Dit het vir my voorgekom asof hulle hierdie gedrag goedkeur.

In geval van ‘n ongeluk sal die populere foutiewe brieke rede van die bus die skuld kry soos verksie katastrofes in Pretoria se Potgieterstraat, Krugersdorp se berugte afdraende, verskei ander bus ongelukke, te veel om op te noem. Nooit weer ry ek met die bus nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.