Tien sterf in ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Minstens 10 mense is dood en nege beseer, toe ʼn minibustaxi Woensdagoggend naby Barberton in Mpumalanga omgeslaan en gerol het.

Joseph Mabuza, woordvoerder van Mpumalanga se departement van veiligheid, sekuriteit en skakeling, het aan Maroela Media gesê die botsing het omstreeks 05:00 op die R38 (Bulembu-pad) plaasgevind.

“Aanvanklike ondersoek dui daarop dat die taxi oorlaai was. Dit was van Gauteng op pad na Mosambiek en die bestuurder het die R38 as ʼn ompad gebruik om weegbrûe op die N4-snelweg te vermy,” het Mabuza gesê.

Die bestuurder het glo verby die afrit na die N4 gery en beheer oor die voertuig verloor toe hy omgedraai het om weer op sy roete te kom.

Tien mense, waaronder die bestuurder, is op die toneel dood. Nege mense is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling. Reddingswerkers is steeds op die toneel om te bepaal of nog mense in die wrak vasgekeer is.

Mabuza het gerugte dat die oorledenes soldate was, ontken. “Aanvanklik is vermoed dit was ʼn weermagbussie, aangesien die ongeluk naby die weermagbasis plaasgevind het, maar ons kan bevestig dit was nie ʼn militêre voertuig nie en die passasiers is lede van die publiek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Netekke

Oorlaaide taxi??? Wat is nuut?

Elmien

So hartseer dat die verkeerspolisie, of staat of wieookal absoluut niks doen aan die wettelose bestuur van taxis op ons paaie nie. Maak dit hulle medepligtiges in moord?? Ek dink so…

What goes around

Net so tragies as wat dit is net so weet ons almal dat die taxis GEEN padreels gehoorsaam nie, dat die reels, wette en regulasies nie vir hulle geld nie. Omdat die ander padgebruikers maar geepad en die Metro Polisie ander pad kyk, kom hulle niks oor nie. Ongelukkig in ‘n ongeluk is daar nie iemand wat vir jou kan instaan of namens jou kan praat of kan verhoed dat jou onverskilligheid ‘n ongeluk veroorsaak nie. Jy moet by die oorsaak van die probleem begin, en niemand wil verantwoordelikheid daarvoor vat nie, word hulle taxis opgesluit, dan steek hulle alles… Lees meer »

Raymond

Taxi was oor laai jammer maar die mense wil nie hoor nie hulle kom weg met moord altyd

Piet Pompies

Wetstoepassing op ons paaie vind plaas gedurende kantoor ure, na ure kom al hierdie nag voertuie (oorlaaide voertuie, onpadwaardige voertuie, wrakke) uit hule gate en betrek die paaie na Mosambiek. Soggens kry ons die sleepwaentjies met gebreekte asse, gebarste bande soos “road kill” langs die pad. Dan lees ons die berigte soos bo van die afsterwe van onskuldige mense aan die hande van geldgierige Taxi operateurs.