Tien sterf in ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Minstens 10 mense is dood en nege beseer, toe ʼn minibustaxi Woensdagoggend naby Barberton in Mpumalanga omgeslaan en gerol het.

Joseph Mabuza, woordvoerder van Mpumalanga se departement van veiligheid, sekuriteit en skakeling, het aan Maroela Media gesê die botsing het omstreeks 05:00 op die R38 (Bulembu-pad) plaasgevind.

“Aanvanklike ondersoek dui daarop dat die taxi oorlaai was. Dit was van Gauteng op pad na Mosambiek en die bestuurder het die R38 as ʼn ompad gebruik om weegbrûe op die N4-snelweg te vermy,” het Mabuza gesê.

Die bestuurder het glo verby die afrit na die N4 gery en beheer oor die voertuig verloor toe hy omgedraai het om weer op sy roete te kom.

Tien mense, waaronder die bestuurder, is op die toneel dood. Nege mense is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling. Reddingswerkers is steeds op die toneel om te bepaal of nog mense in die wrak vasgekeer is.

Mabuza het gerugte dat die oorledenes soldate was, ontken. “Aanvanklik is vermoed dit was ʼn weermagbussie, aangesien die ongeluk naby die weermagbasis plaasgevind het, maar ons kan bevestig dit was nie ʼn militêre voertuig nie en die passasiers is lede van die publiek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Elmien ·

So hartseer dat die verkeerspolisie, of staat of wieookal absoluut niks doen aan die wettelose bestuur van taxis op ons paaie nie. Maak dit hulle medepligtiges in moord?? Ek dink so…

What goes around ·

Net so tragies as wat dit is net so weet ons almal dat die taxis GEEN padreels gehoorsaam nie, dat die reels, wette en regulasies nie vir hulle geld nie. Omdat die ander padgebruikers maar geepad en die Metro Polisie ander pad kyk, kom hulle niks oor nie. Ongelukkig in ‘n ongeluk is daar nie iemand wat vir jou kan instaan of namens jou kan praat of kan verhoed dat jou onverskilligheid ‘n ongeluk veroorsaak nie. Jy moet by die oorsaak van die probleem begin, en niemand wil verantwoordelikheid daarvoor vat nie, word hulle taxis opgesluit, dan steek hulle alles aan die brand hulle busse en dreig en steek ander motors se bande stukkend . so ja . hulle het die monopolie in die land, ongelukkig moet hulle onskuldige passasiers dit ontgeld, maar ek het ook al gesien hoe lekker lag die insittendes as mens kwaad raak as hulle voor jou indruk, het net gister gebeur toe een ‘n U draai reg voor my maak en ek vir hom vinger wys . die seun langs hom het geskater van die lag en die ander het ook baie lekker gekry . so ja .live by the sword!!

Elmien ·

Jip, stem saam jou. Hulle lag lekker saam. En indirek sit die mag in die passasiers se hande, deur hulle keuse met watter taxis hulle wil ry of nie. Hulle behoort te weet watter taxis hou by d verkeersreels (indien daar is) en ry dan maar eerder saam met daardie taxi. So sal die wat onveskillig ry, gou agterkom hulle maak nie geld nie.

Raymond ·

Taxi was oor laai jammer maar die mense wil nie hoor nie hulle kom weg met moord altyd

Piet Pompies ·

Wetstoepassing op ons paaie vind plaas gedurende kantoor ure, na ure kom al hierdie nag voertuie (oorlaaide voertuie, onpadwaardige voertuie, wrakke) uit hule gate en betrek die paaie na Mosambiek. Soggens kry ons die sleepwaentjies met gebreekte asse, gebarste bande soos “road kill” langs die pad. Dan lees ons die berigte soos bo van die afsterwe van onskuldige mense aan die hande van geldgierige Taxi operateurs.

REAList ·

Kan nie wag om die regering iets te hoor sê nie.
As 10 mense in ‘n ongeluk in ons myne sterf sal jy die einde daarvan nie hoor nie.

Buitestander ·

Begin by die begin en verhoed dat besstuurslesensies te koop aan gebied word. So kry bestuurder ‘n moordwapen in die hande van massa vernietiging.
Bestuurders se gesig is so swak dat hulle nie eers die voertuie voor hulle kan raak sien nie, wat van aankomende verkeer. Sorg dat alle bestuurder na behore opgelei en gesig deeglik getoets is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.