Tien van ‘springstof-sindikaat’ vasgetrek

Argieffoto

Tien verdagtes, onder wie drie polisiebeamptes, wat glo deel is van ʼn sindikaat wat kommersiële springstof onwettig verkoop, is in die Vrystaat in hegtenis geneem.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, het Donderdag gesê die inhegtenisnemings volg ná ʼn gesamentlike poging deur die Valke, die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) en die polisie se misdaadintelligensie-eenheid.

“ʼn Spesiale operasie is Dinsdagoggend in Thabong, Odendaalsrus, Virginia en Theunissen uitgevoer ná ʼn intensiewe ondersoek wat vier maande lank geduur het,” het Mulamu gesê.

“Die verdagtes het na bewering kriminele sindikate met springstof verskaf. Die sindikate gebruik die springstof in die algemeen om kitsbanke, kluise en geldwaens tydens rooftogte op te blaas.”

Die beamptes het ʼn lokval vir die verdagtes gestel en ʼn reeks transaksies aangegaan waartydens hulle ʼn aansienlike hoeveelheid springstof gekoop het.

Die verdagtes, tussen 28 en 46 jaar oud, moet binnekort in die hof verskyn op aanklagte van die onwettige handel in springstof en korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hennie ·

As daar geld gemaak word is die polisie altyd goed verteenwoordig.

Willie ·

Dis weetreens n skande SAPD… Dis amper die mees skandaligge staats departement…

neels ·

Dit is niks nuuts in die goudveld nie. Jare terug is n ATM in Virginia / Harmonie geblaas. Op naby gelee sekuriteits kameras kon die beelde duidelik wys hoe n polisie voertuig na 24h00 die oggend stadig verby kom , stilhou en n polisieman stap na die ATM. Hy was skaars terug in die van en vertrek toe blaas die ATM.

latie ·

moes die spesifieke persoon ondervra waar kry die plofstof moes by polisie smokkel of by weermag of iemad anders daar moes persoon wat verkoop of smokkel by hul ondersoek daai plekke

Shaun ·

O wee ! Nee die berig sê duidelik dat dit ” komersiële springstof ” was . Dus springstof wat op myne en algemeen gebruik word , om bv rotse ens op te blaas . Nie altyd weermag ens se skuld nie . Hulle gebruik militêre sprngstof . Reuse verskil .

Tammy ·

Dis n skande, daagliks word daar misdaad gepleeg waarby ons SAPD lede betrokke is. Dis asof dit daagliks toeneem, of is ek net oor sensitief vir hulle walglike optrede? Hoe kan ons hulle nog vertrou? Gladnie, gladnie. Minister Mbalule moet bietjie moue oprol en hierdie optrede van sy personeel onder die vergrootglas sit en die skuldiges tronk toe stuur vir so lank dat dit as afskrikmiddel vir hulle sal dien!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.