Tien vas na moord op polisiebeampte

Ao. Steven Britz. Foto: Facebook

Ao. Steven Britz. Foto: Facebook

ʼn Polisiebeampte is een van die 10 verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op ao. Steven Britz.

“Lede van die Valke het ʼn 30-jarige konstabel van die Klapmuts-polisiestasie in hegtenis geneem wat vermoedelik by die aanval op die polisiestasie en die moord op ao. Britz betrokke was,” het lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, gesê.

Britz (44) is Woensdagaand vermoor terwyl hy aan diens was by die Klapmuts-polisiestasie buite Stellenbosch. Die aanvallers het hulle glo as klaers voorgedoen waarna hulle Britz doodgeskiet en vyf amptelike vuurwapens uit die kluis gesteel het. Britz was vir 22 jaar in diens van die polisie. Hy laat sy vrou en twee seuns, onderskeidelik 11 en 19 jaar oud, agter.

Traut sê die 30-jarige konstabel en agt ander verdagtes is Vrydagaand in ʼn shebeen in Kayamandi in hegtenis geneem. Die konstabel se vingerafdrukke is glo op die toneel gevind. Hy was sedert verlede maand nie by die werk nie. “Verdere ondersoek het gelei tot die arrestasie van nog ʼn verdagte, ʼn 34-jarige man wat glo die vuurwapens in sy besit geneem het hoewel die vuurwapens nog nie gevind is nie.” Die verdagtes sal Dinsdag in die Paarl-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Christien Kruger ·

Dis tragies wanneer jou eie kollegas jou vermoor om wapens te buit. Veral ook as polisie aan wie ons ons lewens toevertrou misdadigers en moordenaars is. Wou hulle roof met die wapens of dit dalk vehuur om plaasmoorde mee te pleeg of wou hulle dit self vir die doel aanwend? Ons kry geen hulp van die ANC staat wat nou n wedren vir stemme voortsit en luid verkondig dat wit moorde afneem. Welgedaan aan die Hawks wat die lede vasgetrek het. Mag die volle omgang van die gereg op die moordenaars bedien word.

Eugene Schoeman ·

Vind by die klmp uit vir wie werk hulle. Dan km ons dalk agter wie sit agter die plaas moord

SLANGTONG ·

‘N KLAG VAN MOORD MOET TEEN DIE MINISTER VAN POLISIE INGEDIEN WORD!!!!!AS HY SY WERK DEEGLIK DOEN SAL DAAR GEEN MISDADIGE POLISIE BEAMPTES IN DIE DIENS WEES NIE!!!!!!!
ALMAL IN DIE POLISIE-MAG SE AGTERGROND MOET EERS GOED GESKANDEER WORD ALVORENS HY/SY INDIENS GENEEM MOET WORD!!!!!!!!!!ONGELUKKIG IS DAAR DIE EERLIKE EN HARDWERKENDE POLISIE BEAMPTES VAN DIE VORIGE REGERING WAT OOK NOU DAARONDER MOET LY!!!!!!!!!
VANDAT DIE ANC DIE LAND REGEER KAN ENIGE AAP ENIGE WERK IN DIE REGERING KRY HETSY HULLE VIR DIE POS/AMP BEKWAAM IS OF NIE!!!!!!!DIS DAN WERSKEPPING VIR DIE AGTER GEBLEWENIS!!!!!!!!!!
AS DIE PRESIDENT KORRUPT IS WAT VERWAG JY DAN VAN DIE MEERDERHEID STAATSWERKERS!!!!!!!!!!!!!
DIE ANC IS DIE GROOTSTE KLUG OOIT IN DIE GESKIEDENIS VAN DIE REPUBLIEK VAN SUID AFRIKA!!!!!!!!!!

riaan ·

Die polIsie se indiensneming is pateties.Reserviste wat jare diens doen vir die polisie word nie eens oorweeg nie en voldoen aan die kriteria.Baie van die reserviste doen beter werk as konstabels.Hulle los hul familie alleen om die gemeenskap te dien maar wat kry hile nie eens n sent by die staat nie.Die Polisie sal korrupte lede he want hile stel nie reserviste aan wat die werk uit liefde uit doen nie.

johannes froneman ·

Mense, kommentaar in hoofletters en baie uitroeptekens is nie goed nie; dis die ekwivalent van skreeu.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.