Tien vas na Wolmaransstad betoging

Argieffoto

Argieffoto

Tien mense is in hegtenis geneem en verskeie winkels geplunder tydens ʼn gewelddadige betoging Dinsdagaand in Wolmaransstad, Noordwes.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê inwoners het die N12-hoofweg met klippe en ander voorwerpe afgesper, voordat hulle op talle winkels toegesak en dit geplunder het. Volgens onbevestigde berigte het die betogers ook verbygaande motors met klippe bestook.

Die snelweg moes noodgedwonge gesluit word en verkeer is deur Leeudoringstad herlei. Nege mans en een vrou tussen die ouderdomme van 18 en 32 is in hegtenis geneem.

Mokgwabone het Woensdag gesê die N12 is intussen heropen en kalmte in die gebied is in die vroeë oggendure herstel.

Dit is nie duidelik waaroor die inwoners ongelukkig is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Will i am ·

Ongelukkig is nie. Is die klomp in hierdie land ooit gelukkig. As hulle kan brand en breek ja

Grap ·

Mens hoor net altyd van arrestasies maar nooit wat die vonnis was nie ?

AH ·

Grap hulle word nooit gevonnis nie want die arrestasies is net om jou en my bek stil te kry

Eddy ·

Dis n lekker ou land,hier maak jy soos jy wil want niks gebeur nie en dit hou aan en aan en aaaaan

snoefie ·

al daarvoor hulle dis is om gratis te kry. gratis onderwys. Gratis tersiere onderwys. gratis guise. gratis elektriseteit. gratis lopende water. dis hoekom ek en jy deur one tanne betaal om hulle asery te Borg.

Popeye ·

Dis ook nie duideluk waarom inwoners van my staat, blok buurt, voorstad, stad, provinsie, land ongelukkig is nie! Seker maar omdat dit SA is?

Scalla ·

Nou wat het die verbygaande motors wat met klippe bestook word met hul griewe uit te waai, dis mos nie hul skuld nie. Daar is ander maniere om die saak op te los. Lyk my hul is ledig en speel n boemerang speletjie, as hy kom is dit n klip en as hy terug gaan is dit n rubberkoeel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.