Tien vas oor gesteelde goedere

handcuffsTien mense is in Northdale in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat kosmetiese produkte wat glo uit ‘n vragmotor gesteel is in hulle besit gevind is.

Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê daar is glo gesien hoe die verdagtes die produkte uit ‘n fabriek dra en in vyf motors laai.

Hy sê ‘n ondersoek het bepaal dat die goedere gesteel is uit ‘n vragmotor wat glo Dinsdag in Cato Ridge gekaap is. Verdere ondersoek het egter vasgestel dat die bewering oor die kaping vals was.

Die polisie soek intussen na die bestuurder van die vragmotor wat die vals saak by die polisie aanhangig gemaak het.

Die verdagtes, tussen 19 en 59 jaar oud, sal na verwagting Maandag in die Camperdown-landdroshof verskyn op aanklagte van onder meer die besit van beweerde gesteelde goedere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.