Tien vas oor ‘gesteelde’ koperkabels

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Tien verdagtes is in Klerksdorp in Noordwes in hegtenis geneem nadat beweerde gesteelde koperkabels ter waarde van R250 000 in hul besit gevind is.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het in die week ʼn wenk ontvang van vermoedelik onwettige aktiwiteite in die nywerheidsgebied in die dorp. Hulle het op die perseel in Mahogany-laan toegeslaan en tien mans aangetref wat koperkabels op ʼn bakkie laai.

“Die perseel is deursoek en nog koperkabels is in twee ander voertuie gevind. Die verdagtes kon nie rekenskap gee waar die koperkabels vandaan kom nie. Die kabels waarop daar beslag gelê is, is ongeveer R250 000 werd,” het Mokgwabone gesê. Daar is ook op die drie voertuie beslag gelê.

Die tien verdagtes, waarvan vier Lesotho-burgers is, is op die plek in hegtenis geneem. Hulle sal Maandag in die Klerksdorp-landdroshof op aanklag van die besit van gesteelde goedere verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

wilma ·

Nooi die inwoners van Afrika lande om hulself te kom verryk ten koste van SA. Dis wat govt wil he

Rabes ·

En so kry hulle Maandag borg en daar verdwyn hulle oor die grens. “Kobaai Maraai” hulle is vry.

Speedguard ·

Goeie werk, ek sou net verkies het dat die ondersoek beamptes die kabels / verdagtes moes gevolg het om vas te stel wie die eintlike kopers van die kabels is, hulle is die doring in die vlees, help nie jy sny die stert af nie, volg hom tot by die kop en kap die af !

Elsie ·

Ja nee, dis deur soortgelyke dinge wat Trump die grense wil toemaak. Maar onse Zuma glo aan as die 1 deur vir jou toe gaan maak ń ander 1 vir jou oop. Daarom maak SA maar hulle deure oop en gooi die ”welkom” matjie oop. Dis al hierdie van buite wat ons land se mense se werk vat nou word die blankes blameer vir al die swartes wat werkloos is. Ander kom haal sy witbrood met dik konfyt in SA, op ń eerlike en oneerlike manier, daarom het baie hier nie eers ń stukkie brood nie.

Willem ·

Goeie werk SAPD maar ongelukig kyk net mooi die waarde is 250000 so nou kort die burgermeesterES net nog 750000 vir haar nuwe kar

willie ·

Die R250000 is die waarde van die koper, maar die verliese aan elektrieseteit is onberekerbaar! Gemors

Scalla ·

Die vermeende kopers moet opgespoor word, solank daar n afset gebied is sal dit nie stop nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.