Tien vas oor ‘gesteelde’ koperkabels

Die koperkabels waarop beslag gelê is. Foto: SAPD/Twitter

Die koperkabels waarop beslag gelê is. Foto: SAPD/Twitter

Tien mense is in hegtenis geneem nadat hulle glo koperkabels gesteel het, het die polisie in Noordwes Vrydag gesê.

“Die polisie in Marikana en veiligheidswagte van Aquarius-myn het Woensdag 10 verdagtes vasgetrek vir diefstal en die besit van vermeende gesteelde koperkabels,” het kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Die verdagtes is by ʼn ongebruikte mynskag in hegtenis geneem nadat daar inligting ontvang is oor onwettige aktiwiteite by die skag.” Mokgwabone het gesê agt van die 10 mans is buitelanders van Mosambiek en Zimbabwe.

Die polisie het ook op kastrolle, flitsligte, ystersae en blikkies kos beslag gelê. “Volgens inligting is daar ook dagga in van die verdagtes se besit gevind,” het Mokgwabone gesê. Daar is op 5 380 kilogram se koperkabels ter waarde van R109 000 beslag gelê.

Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die hof verskyn op aanklag van diefstal, die besit van vermeende gesteelde goedere en die besit van dagga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Petrus Swanepoel ·

Weens die swak toestand van ons land se grense en die korrupte beamptes by die grensposte kom en gaan inwoners van ons buurlande net soos hulle. Dit terwyl hulle misdaad pleeg deur ons land se infrastruktuur kaal te steel, moord te pleeg, dwelms te smokkel ens….ens…..ens

Gerhard Bezuidenhout ·

Petrus ek stem volmondig saammet jou . Ons regering is te vrotsig om strenger teen hierdie parasiete uit die buurlande op te tree. Vir die feit dat hulle nog nooit n sent belasting betaal het nie en ons land beroof en ons mense vermoor verdien hulle om in die tronk te vrot.

alet ·

Kan iemand n volkslied maak van suid afrika dis lekker om hier te bly steel roof kaapers korupsie seevier hoog en praat nie van die staatsgelde wat buitelanders ook moet onderhou gaan voor die wind in hierdie land dis lekker om hier te bly

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.