Tien vas vir geweld, roof tydens Zandspruit-betoging

'n Winkel wat oornag in Zandspruit geplunder is. Foto: Twitter via @_ArriveAlive

‘n Winkel wat oornag in Zandspruit geplunder is. Foto: Twitter via @_ArriveAlive

Die situasie by Zandspruit, noord van Roodepoort in Johannesburg, is steeds gespanne waar gewelddadige betogings sedert Dinsdag woed.

Lt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het Donderdag aan Maroela Media gesê die reën het vir eers ʼn einde aan die geweld gebring, maar betogers staan steeds in groot groepe rond in die gebied.

Die polisie moes Woensdag verskeie keer traangas en rubberkoeëls afvuur om die betogers onder beheer te bring. Woensdagnag is talle winkels in die gebied deur die betogers geplunder en twee motors is aan die brand gesteek. Betogers het ook paaie met rommel en brandende buitebande versper en die gedeelte van Beyers Naudérylaan tussen Johan- en Peterweg is steeds gesluit vir motoriste.

“Ons het Woensdag nog ʼn paar mense in hegtenis geneem wat die totaal bring op tien mense. Hulle sal aangekla word van openbare geweld, sakeroof en openbare geweld,” het Makhubela gesê.

Intussen het ER24 gesê dat paramedici Woensdag na die toneel geroep is om drie mans te behandel wat glo tydens die betogings beseer is. Volgens Russel Meiring, woordvoerder van die nooddiens, is drie mans beseer toe hulle met voorwerpe gegooi is.

Paramedici is later weer na ʼn plakkershuis in die nedersetting ontbied, waar hulle ʼn vrou en ses maande oue baba vir rookinaseming behandel het weens die buitebande wat naby hul huis gebrand is. Al vyf pasiënte is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die betogers is glo ongelukkig oor elektrisiteitverskaffing in die gebied en het die betoging begin nadat Eskom onwettige kragaansluitings in die gebied verwyder het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

MM ·

En so is NET 10 vas oor geweld, en more hoor ons hulle is vrygelaat en word nie verder vervolg nie. Hoekom is dit nuuswaardig, want dit is nie net 10 wat deel geneem het aan die betogings nie???

Pappa Beer ·

Maar elektrisiteit kos geld, dus as jy dit wil he, moet jy betaal! En sommige mens glo mos al die lieg stories en vals beloftes wat hulle kry in ruil vir n anc stem! Ek se sny al daai onwettige verbindings af en gaan so voort met dit regdeur die land! Hoekom moet ek betaal vir krag as sommiges dit gratis kan steel!!! En wat presies het daardie besighede en gebrande voertuie uit te waai met jou betoging wat oor diens verskaffing gaan????

Huidiglikbenadeel ·

Die Polisie het ongelukkig nie regte nie, al die regte behoort aan die betogers wat petrol bomme na huise gooi want dit is mos hulle reg. Onskuldige mense word in sulke huise gebrand en beseer (moet dan vir rook inaseming behandel word). As ‘n betoger geskiet word word die Polisie aangekla van moord terwyl betogers skotvry los kom.

Michael ·

Hierdie is skelms wat steel en ek dink die meerderheid van polisie het nie die WIL of nodige opleiding om hierdie tipe situasies te hanteer nie ,hoekom word polisie beamptes dan met vuurwapens uitgereik?

Penellope Jones ·

Gaan hulle gedwing word om die skade te betaal ………………………………….

Johannes Meintjes ·

Dankie Maroela Media dat julle hieroor begin publiseer. Op GPF netwerke kom daar tans toenemende berigte in van protes en kwaadwillige aksies waaronder die landsburgers op grondvlak gebuk moet gaan en skade lei. Regering probeer dit als moontlik toesmeer om verdere internasionale SA kredietverlaaging op ondeursigtige wyse te voorkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.