Tien vas vir renosterstropery

Witrenosters (Argieffoto: tpsdave, Pixabay)

Witrenosters (Argieffoto: tpsdave, Pixabay)

Tien verdagtes is die afgelope week in afsonderlike voorvalle in Mpumalanga en KwaZulu-Natal in hegtenis geneem in verband met renosterstropery.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die verdagtes is tussen 13 en 19 Februarie tydens voortgesette operasies deur die polisie se Operation Rhino 7-taakspan in die Skukuza-omgewing van die Krugerwildtuin en in die Pongola-omgewing vasgetrek.

“Die verdagtes, tussen 24 en 51 jaar oud, is in hegtenis geneem vir oortredings wat strek van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, en betreding in ʼn nasionale park tot die besit van gesteelde eiendom,” het Naidoo gesê.

Die polisie het tydens die inhegtenisnemings beslag gelê op ses gewere, twee knaldempers, twee selfone, byle en verskeie soorte ammunisie.

Met die jongste inhegtenisnemings het die Operation Rhino 7-taakspan altesaam 24 verdagtes die afgelope twee weke in verband met renosterstropery in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anti poaching ·

Baie geluk en sterkte met die stryd. Wat van die renosters wat naby Empangeni geskiet is Maandag?

Gert ·

Goed gedoen. Kan die polisie dalk ‘n Operation Farmer taak span aanstel ?

Cherokee ·

Ons sien relatief gereeld van renosterstropers wat gevange geneem word maar nooit berigte oor vonnisse wat uitgespreek word nie.

gert ·

Jip vertel ons van die vonnisse. Is hulle uitlanders of nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.