Tien vas wat glo selfoontoringbatterye, toerusting steel

Van die gesteelde items waarop die polisie beslag gelê het. (Foto: SA Polisie)

Altesaam tien mans is in hegtenis geneem nadat etlike selfoontoringbatterye, regulators, kompressors en ander toerusting van meer as R100 000 in hulle besit gevind is.

Kapt. Khaya Tonjeni, polisiewoordvoerder in die Oos-Kaap, het gesê die toerusting is Donderdag in die vroeë oggendure in die Hankey-omgewing gesteel.

Die verdagtes is ná ʼn polisieondersoek by ʼn huis in Centerton in Hankey aangekeer. Hulle verskyn na verwagting Donderdag in die landdroshof op ʼn aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

MTN het vroeër gesê meer as 13 000 battery is verlede jaar net uit sy eie selfoontorings landwyd gesteel.

Volgens ondersoeke word die meeste van die gesteelde batterye na buurlande gesmokkel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jack Russel ·

Hulle is nou gevang, wat nou. Tronke is oorvol, regstelsel het ingetuimel. Kan maar net dink….

Stefan ·

Hierdie ouens moet aangekla word van sabotasie van lewensnoodsaaklike infrastruktuur, daarmee saam kom baie swaarder straffe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.