Amper een uit elke tien lede van die Oos-Kaapse polisie is oor die afgelope drie jaar beskuldig van misdadige oortredings, waaronder ernstige misdade soos verkragting, moord, korrupsie en marteling. Sowat ʼn derde van dié beamptes is skuldig bevind aan dít waarvan hulle aangekla is.
In antwoord op ʼn vraag van die DA in die provinsiale wetgewer het die LUR vir veiligheid in dié provinsie, Weziwe Tikana-Gxothiwe, gesê dat sowat 1 550 polisiebeamptes in die Oos-Kaap oor die afgelope drie jaar van die een of ander misdaad beskuldig is. Dit is 9% van die 17 450 polisielede wat in dié provinsie werksaam is.
Dié misdade sluit in klagte oor aanranding (754), korrupsie (74), dood weens polisieoptrede (67), die afvuur van amptelike vuurwapens (65), verkragting (25), dood in polisiebewaring (23) en marteling (12), asook ander strafregtelike aangeleenthede (530).
Vanuit die 1 550 oortredings is 521 sake teruggetrek weens onvoldoende bewyse of omdat die betrokke lede bedank het, en 174 sake moet nog verhoor word.
Sowat 502 beamptes is reeds skuldig bevind aan ʼn strafregtelike oortreding, waarvan 374 hul posisie in die polisiediens behou. Uit dié wat skuldig bevind is, beklee sewe die rang van luitenant-kolonel, 12 is kapteine, 78 is adjudantoffisiere en 144 is sersante.
2018/2019 | 2019/2020 | 2020/2021 | |||
Rang | Skuldig bevind | Rang | Skuldig bevind | Rang | Skuldig bevind |
Luitenant-kolonel | 1 | Luitenant-kolonel | 5 | Kolonel | 1 |
Kaptein | 5 | Kaptein | 2 | Kaptein | 5 |
Adjudantoffisier | 28 | Adjudantoffisier | 27 | Adjudantoffisier | 23 |
Sersant | 37 | Sersant | 57 | Sersant | 50 |
Konstabel | 105 | Konstabel | 92 | Konstabel | 43 |
Veiligheidswag | 1 | Veiligheidswag | 1 | Veiligheidswag | 2 |
Administratiewe klerk | 4 | Administratiewe klerk | 1 | Administratiewe klerk | 3 |
Tikster | 1 | Tikster | 2 | Tikster | 1 |
Nutsman | – | Nutsman | 1 | Nutsman | – |
Skoonmaker | 1 | Skoonmaker | – | Skoonmaker | 1 |
Tuinier | 2 | Tuinier | – | Tuinier | – |
TOTAAL | 185 | 188 | 129 |
Tabel 1: Die getal polisielede, per rang, wat skuldig bevind is aan bogenoemde misdade.
“Diegene wat hul werk behou, het berou getoon vir hul optrede en dit het geen negatiewe uitwerking op diegene om hulle gehad nie. Die vertrouensverhouding is dus nie verbreek nie,” het Tikana-Gxothiwe gesê.
Bobby Stevenson, ʼn DA-lid van die provinsiale wetgewer in die Oos-Kaap, sê egter dat die vertrouensverhouding tussen die polisie en lede van die publiek wel verbreek is.
“Die polisiediens moet standpunt inneem teen misdadigers in hul geledere sodat hulle in die tronk beland en nie in ʼn polisie-uniform bly nie.”
Volgens Stevenson moet psigometriese toetsing die norm word wanneer polisielede aangestel word om te verseker dat mense met die regte ingesteldheid aangestel word om die burgers van die land te beskerm.
“Die gebruik van lyfkameras kan ook toekomstige misdadige voorvalle verminder of dien as bewyse van strafregtelike oortredings.
“Die DA glo in ʼn eerlike en professionele polisiediens wat sy burgers kan beskerm. Dis belangrik dat die misdadigers, eerder as lede van die publiek, die polisie vrees. Die korruptes beskadig net die beeld van die toegewyde en hardwerkende beamptes daar buite,” het Stevenson gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
Beteken dit dat twee-derdes weggekom het?
Skokkend!!
Daar is net n vrod kol wat uit gehaal moet word .As jy gevang word met so iets wat hulle vas en laat die gereg sy loop lopp.Ek kan net dink dat die sap sien die howe doen nie hule werk reg nie .nou vat hulle maar ook n kans
Wat is nuut- Ons weet die meetse in die Polisie – “Comrads” is sklems.
Wie het die wiskunde gedoen, Jacob Zuma? Ses uit tien sou ‘n eerliker weergawe van die situasie gewees het.