Tiener aangehou toe rowers toeslaan

(Argieffoto: pixabay)

ʼn Tiener is Dinsdagmiddag deur twee rowers aangehou terwyl hulle ʼn huis op ʼn landgoed in Port Elizabeth beroof het.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die twee rowers het omstreeks 13:30 die landgoed in Lovemore Park ingery. Hulle het na bewering in hul voertuig gewag vir ʼn inwoner om deur die landgoed se afstandbeheerde hek te ry om só agterna in te glip en toegang tot die eiendom te verkry.

Hulle het daarna op een van die huise toegeslaan.

“Hulle het die huis se deur met ʼn koevoet oopgebreek en binne op die tiener afgekom wat alleen tuis was,” sê Naidu.

Die boewe het televisiestelle, tablette en ander items met ʼn geskatte waarde van meer as R50 000 gebuit en daarmee in hul wegkommotor gevlug.

Die tiener is nie tydens die voorval beseer nie.

Beeldmateriaal toon dat die verdagtes in ʼn wit Toyota Corolla, sonder ʼn nommerplaat, buite die landgoed gewag het vir ʼn voertuig om deur die hek te ry. Hulle het daarna met die oop hek gepeuter sodat hulle self toegang tot die landgoed kan verkry.

Die polisie in Port Elizabeth moedig inwoners aan om paraat te wees wanneer hulle by hul huise in- en uitry.

“Neem altyd kennis van enige voertuig wat naby jou hek of huis staan, veral dié sonder nommerplate. Moet nooit iemand by ʼn woonkompleks of landgoed inlaat wat nie aan jou bekend is nie.”

Naidu het ook ʼn beroep op mense in omheinde komplekse gedoen om proaktief te wees en ’n veiligheidsalarm te laat installeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Persheks Adri ·

Dankie tog die kind is nie beseer nie! In vandag se lewe verwag ek al die ergste sodra ek ‘n berig lees…

Sarel ·

Jy staan stil en wag vir hek om toe te maak en hou omgewing dop

JM ·

Rowers se arrogansie neem geweldige afmetings aan. ‘n Mens is nêrens meer jou lewe seker nie. “Gangster paradise!!”

ES ·

Veiligheidslandgoed is nou nie meer so veilig nie… die boef is mos altyd een stappie voor.

Niklaas ·

Iets wat vir my erg steurend is deesdae , is die groter wordende aantal voertuie sonder registrasie nommer plate wat mens sien op die paaie. Was dit nie voorheen ‘n halwe misdryf waarvoor jy beboet kon word nie ? Dit wil voorkom asof die wetteloosheid nou sommer aangemoedig word. So, daardie motor eienaars sal nie spoed kaartjie met foto kry nie en soos in hierdie geval sal die wegkom motor sonder nommerplaat , dus ….wel , wegkom.

Ansie ·

Dis nie ‘n halwe misdryf nie, dis ‘n volle misdryf om sonder nommerplate te ry.

Regverdigheid ·

Arme kind bly jys okay ……. hulle hou plekke dop vir tyd perk voor hul toeslaan …. mense wees vesigtig en beraad .

christo ·

Dis ‘n algemene praktyk by sogenaamde veiligheidskomplekse waar daar nie fisiese toegangsbeheer deur sekuriteits personeel is nie. Baie komplekse se bestuur het net die elektriese heining en ‘beheerde’ toegangshek as sekuriteitsmaatreëls. Die sgde. ‘ tailgating ‘ find gereeld plaas. Die idee is dat sodra die voertuig deur die hek is, hy só moet stilhou dat daar nie nog ‘n voertuig kan inkom nie. Dit gebeur nie, en die bestuurder stel homself bloot aan skelms wat as voetgangers inglip. Inwoners beleef ‘n valse idee dat hulle dan veilig is. Die ‘ body corporate ‘ probeer in elkgeval om onkostes so vêr as moontlik laag te hou om hulle winsgrens te vergroot.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.