
Patricia, wat donker van gelaat is, het die Môreson-kinderhuis op 19 Maart verlaat, maar nooit weer teruggekeer nie. (Argieffoto ter illustrasie.)
Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld en seksuele misdade in George, Wes-Kaap, is op soek na ’n vermiste tiener, Patricia van Wyk (13).
Patricia, wat donker van gelaat is, het die Môreson-kinderhuis op 19 Maart verlaat, maar nooit weer teruggekeer nie.
Luidens ’n polisieverklaring is sy moontlik in die omgewing van Rosemoor en Conville gesien waar sy vermoedelik by vriende gekuier het.
“Daar word ’n beroep op die gemeenskap gedoen om met enige inligting vorendag te kom wat kan help om haar veilig op te spoor,” het kapt. Malcolm Pojie Donderdag in ʼn verklaring gesê.
Die publiek word versoek om die eenheid by 044 803 4616 of 083 629 0175 te kontak met enige inligting oor waar Patricia haar moontlik bevind.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
BAIE mense raak nou vermis oud tot jonk skrikwekkend!
Wat my woedend maak is dat twee jong seuns in Boksburg ook uit n’ staat kinderhuis uit weggeloop het en vermiste sake aangemeld is. Ons is n’ organisasie wat help om vermiste kinders en mense op te spoor, en het ons die twee kinders baie vinnig opgespoor. Die kinders is terug besorg by die kinderhuis maar het twee dae later weer weggeloop. Ons het telke male saam met n’ sekuriteits maatskappy hulle keer op keer opgetel en terug gevat, dan loop hulle net weg. Die kinders se pa laat hulle sy dwelms gaan koop by n’ “taxi rank” en laat… Lees meer »
Hier is baie kinders in ons land wat “donker van gelaat” is, n foto mag dalk help om haar vinniger op te spoor.