Tiener al weke lank vermis

Patricia, wat donker van gelaat is, het die Môreson-kinderhuis op 19 Maart verlaat, maar nooit weer teruggekeer nie. (Argieffoto ter illustrasie.)

Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld en seksuele misdade in George, Wes-Kaap, is op soek na ’n vermiste tiener, Patricia van Wyk (13).

Patricia, wat donker van gelaat is, het die Môreson-kinderhuis op 19 Maart verlaat, maar nooit weer teruggekeer nie.

Luidens ’n polisieverklaring is sy moontlik in die omgewing van Rosemoor en Conville gesien waar sy vermoedelik by vriende gekuier het.

“Daar word ’n beroep op die gemeenskap gedoen om met enige inligting vorendag te kom wat kan help om haar veilig op te spoor,” het kapt. Malcolm Pojie Donderdag in ʼn verklaring gesê.

Die publiek word versoek om die eenheid by 044 803 4616 of 083 629 0175 te kontak met enige inligting oor waar Patricia haar moontlik bevind.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Asgat ·

Wat my woedend maak is dat twee jong seuns in Boksburg ook uit n’ staat kinderhuis uit weggeloop het en vermiste sake aangemeld is. Ons is n’ organisasie wat help om vermiste kinders en mense op te spoor, en het ons die twee kinders baie vinnig opgespoor. Die kinders is terug besorg by die kinderhuis maar het twee dae later weer weggeloop. Ons het telke male saam met n’ sekuriteits maatskappy hulle keer op keer opgetel en terug gevat, dan loop hulle net weg. Die kinders se pa laat hulle sy dwelms gaan koop by n’ “taxi rank” en laat die jongste seun saam hom die dwelms gebruik (14 en 16 jariges). In die bitter koue aande staan hulle buite en bedel vir kos. Die Kinderhuis, Sosiale Werker wat betrokke is met die twee kinders of the Welsyn doen enige iets nie. Ek hoop maar die vermiste kind kry beter aandag as hul haar vind en die sosiale werkers en welsyn doen hulle werk. Hier in die Oos-rand gebeur net mooi niks nie.

Estelle ·

Hier is baie kinders in ons land wat “donker van gelaat” is, n foto mag dalk help om haar vinniger op te spoor.

E ·

Ja nee, ek het geen idee hoe hulle haar gaan opspoor sonder om fotos (onlangse fotos) op te sit nie. Ook het hulle dan nie die vriende genader nie, of bure die foto gegee en gevra hulle moet uitkyk of sy daar opdaag. Ek vermoed sy is in prostitusie of dood – dalk deur ‘n persoon omgepraat om weg te loop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.