Tiener beland onder groot buiteband

Die buiteband wat Maandag op ’n tiener by ’n hoërskool aan die Oos-Rand beland het. (Foto: Verskaf / Netcare 911)

’n 14-jarige seun het Maandag ernstige inwendige beserings by ’n hoërskool aan die Oos-Rand in Gauteng opgedoen toe ’n groot buiteband op hom beland het.

Na bewering was ’n groep seuns glo besig om met die band te speel toe die fratsongeluk gebeur het.

Die name van die skool en seun is nie bekendgemaak nie.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van Netcare 911, het ’n sportafrigter die seuns se hulpkrete gehoor en hom na hulle gehaas.

“Hy kon daarin slaag om die band van die seun af te lig.

“Hy is na die noodhulpkamer geneem waar onderwysers hom behandel het.”

Volgens Meiring het nooddienswerkers met hul aankoms op die toneel bevind dat die seun ernstige inwendige beserings opgedoen het.

“Hy is per helikopter na ’n hospitaal vervoer nadat hy op die toneel behandel en gestabiliseer is.”

Die tiener is per helikopter na die hospitaal vervoer. (Foto: VErskaf / Netcare 911)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

modiglianigirl ·

Sjoe, dit is verskriklik. Ek het ‘n teorie dat tienerseuns buiten alles om hulle ook hul verganklikheid beproef en in die proses hul ouers se harte verouder. Mag hy spoedig aansterk en ons bid dat hy geen permanente skade hiervan gaan oorhou nie. Tiener Seuns!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.