Tiener beskryf ‘ontvoering’ in Facebook-inskrywing

Siphelele Kila. (Foto: Verskaf deur SAPD)

ʼn Saak van ontvoering word deur Oos-Kaapse polisie ondersoek nadat ʼn 15-jarige meisie van Joza, buite Makhanda, na bewering op pad na ʼn winkel ontvoer is.

Die vreemde omstandighede rakende Siphelele Kila (15) se verdwyning word tans ondersoek.

Kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, het verduidelik Kila se tannie het aan die polisie gesê die meisie se ouma het haar Sondag na ʼn plaaslike winkel gestuur. ʼn Ruk daarna het Kila glo op Facebook ʼn inskrywing geplaas waarin sy beweer dat sy ontvoer is.

“Sy het op Facebook geskryf sy was op pad na die winkel, toe ʼn silwer Avanza sonder nommerplate langs haar stilgehou het. Die bestuurder, ʼn vrou, en twee mans met ʼn Zoeloe-aksent het gevra vir aanwysings na Uitbreiding 7. Sy het die pad vir hulle verduidelik,” sê Govender.

“Die bestuurder het haar na bewering gevra om saam te ry om hulle die pad te wys en sy het in die voertuig geklim. Hulle het daarna na Ntisika High School gery en toe sy hulle vra waarheen hulle op pad is, het hulle haar aangesê om stil te bly. Die bestuurder het by ʼn onbekende plek stilgehou en vir Kila in die kattebak van die motor ingedwing, waar sy ʼn ander meisie gesien het.”

Die saak is daarna by die Joza-polisiestasie aangemeld.

Dit is onduidelik wanneer Kila tydens die beweerde gebeure kans gekry het om ʼn inskrywing op sosiale media te plaas.

Govender het gesê ʼn saak van ontvoering en ʼn vermistepersoon-saak is aanhangig gemaak. Kila het ʼn wit top, swart spanbroek en pienk sandale aangehad ten tyde van haar verdwyning.

Enigiemand met meer inligting word versoek om kapt. Anton Annandale by 082 301 9703 te bel.

Die voorval het plaasgevind in ʼn tydperk dat misdaad teen vroue en meisies opnuut in die kollig is. Talle Suid-Afrikaanse vroue het hulle die afgelope paar weke tot sosiale media gewend met die hutsmerk #AmINext in ʼn verenigde oproep dat geweld teen vroue beëindig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Andries Pieters ·

n Avanza is n” bussie”,het mos nie regtig n kattebak nie.

se net ·

Ek neem aan sy het nie haar sel ontbloot vir hul. So hul het nie geweet sy het n sel. In die kattebak kon sy die fb inskrywing gemaak het. Vandag se kinders is baie slim met hul fone. Vergeet wanneer sy dit geplaas het en begin soek en vrek vinnig anders kry ons weer n berig dat die soektog tragies geeindig het.

Dries Moolman ·

As mens op Facebook kyk lyk dit of sy al gister weer gevind is. Dog ek se maar net.

Koosl ·

Ja nee, as dit op Facebook is, móét dit mos waar wees. Dis die probleem met Saffas en die internet.

Dries Moolman ·

Ja Koosl, net soos wat dit moet waar wees as iemand op Facebook skryf hulle word ontvoer, ne?

wilma ·

avanza heti kattebak. meisie dalk weggeloop nou die inskrywing op FB. indien sy gevind word en syt gelieg moet sy helse pakslae kry

Clem ·

Se ook ook mos….. Ai, die publiek is hopeloos te “gullable” – glo allerhande snert.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.