Tiener brand in Bloem-restaurant

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Tiener het ernstige brandwonde opgedoen nadat hy per ongeluk deur elektriese drade by ʼn restaurant in Brandwag, Bloemfontein, geboor het.

“Die tiener, wat by die restaurant werk, het boorwerk gedoen. ʼn Brand het uitgebreek toe hy deur die elektriese drade geboor het,” het Luyanda Majija, ʼn woordvoerder van ER24, Woensdag gesê.

Sy sê die tiener het ernstige brandwonde aan sy gesig opgedoen.

Hy is op die toneel gestabiliseer en na die Medi-Clinic Bloemfontein geneem vir verdere behandeling.

Die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.