Tiener brand op bed dood

Argieffoto: ER24

ʼn 15-jarige seun het Vrydagoggend op sy bed in ʼn huisbrand in Illovo in KwaZulu-Natal gesterf.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê teen die tyd wat paramedici by die huis in die Seksie B-nedersetting van die dorp aangekom het, was die brandweer reeds op die toneel.

“Brandbestryders het vir ʼn lang ruk gespook om die vuur onder bedwang te bring. Teen die tyd wat die vuur geblus was, is die seun se liggaam op sy bed aangetref.”

Meiring het gesê die seun het weens ernstige beserings gesterf en niks kon vir hom gedoen word nie. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die oorsaak van die brand is nie bekend nie.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.