Tiener by skool doodgesteek

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Tienerseun is vandeesweek by ʼn Limpopo-hoërskool glo deur ʼn klasmaat tydens ʼn bakleiery doodgesteek.

Kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het Woensdag by Nkatini High School in die Shigalo-nedersetting buite Giyani plaasgevind.

“Die 18-jarige slagoffer en sy klasmaat, ook 18 jaar oud, het omstreeks 12:00 in ʼn bakleiery betrokke geraak. Die klasmaat het ʼn skerp voorwerp uitgepluk en die ander tiener daarmee doodgesteek. Die seun is op die toneel dood,” het Ngoepe gesê.

Die polisie is ontbied en die klasmaat is by die skool in hegtenis geneem. Die polisie het op die vermeende moordwapen beslag gelê. Die tiener sal na verwagting Vrydag in die Malamulele-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Dit is nie duidelik waaroor die bakleiery gegaan het nie en vorm deel van die polisie se ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ag toggie ·

Dit is afskuwelik en kort stronkstraf al is hy minderjarig.

Tshwane ·

Dis die kindertjies wat nou by die Afrikaanse skole ingeskryf word . LEsufi wil dit so hê!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.