Tiener dae lank in kerk vasgeketting

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tiener wie se ma glo gedink het sy word deur demone besit, is gevind waar sy in ʼn kerk aan ʼn pilaar vasgeketting was.

Die 13-jarige meisie is in die St. John’s kerk in Motherwell in die Oos-Kaap gevind. Die meisie, wie se naam weerhou word om haar identiteit te beskerm, was glo twee dae lank aan die pilaar vasgeketting nadat haar ma haar na die kerk geneem het sodat ʼn duiweluitdrywing gedoen kon word.

Polisie van Port Elizabeth het die meisie gered nadat hulle ʼn wenk van ʼn besorgde inwoner ontvang het. Die meisie is Woensdag na die kerk geneem en vasgeketting nadat sy probeer weghardloop het.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Martin ·

Klink my die Ma kan nie haar Tiener hanteer nie, nou blameer sy die duiwels. Soek sy nie miskien die duiwels op die verkeerde plek nie.

Bianca ·

Wat gaan dit help om haar vas te ketting? Is julle simpel???? As sy werklik demoon besete was sou die kettings haar in elkgeval nie kon hou nie!!!! Gebed is die enigste antwoord, maar dit lyk vir my amper of julle dit meer nodig het has die meisie!!

Johan 2 ·

Party mense sien ook die duiwel in alles, ek probeer God in slles raaksien dan is alles mooier.

nig ·

Johan 2 – baie mooi gestel. Meer mense moet so voel dan sal daar minder oordeel, vingerwysery, naamgeery ens wees en dus meer vrede en meer liefde….

Carien ·

Man ek wou my tieners ook al vasketting -dalk is die kerk die beste plek om dit te doen!

Tania ·

Lol!!! Dis dalk wat die ma probeer het en niemand anders verstaan dit so nie.

zahn ·

Teen ‘n pilaar vasketting. ek raai dit was om die polse. Tannie, die demone is nie in die hande nie. Ketting die twee knieknoppies teenmekaar!

Martin ·

Carien en Tania, ek dink ons almal verstaan baie goed. Volgens my is die vasbindery in die Kerk geen oplassing nie. Ek hoop van harte nie julle is van plan om ook so iets met julle tieners aan te vang nie. Ek herhaal wat ek vantevore gesê het. Pas dissilpline toe en gee daai kind liefde. Dit werk baie goed.

Pieter dp ·

Ai tog die by gelowe wat die nens oor hom self bring. Dis deur krys deur die samelewing deur die Bybel wat die mens tot vandag nie verstaan nie. Ja self Die seun van God kon nie die bande van die mens se self op gelegte bygelowe stop nie. Nou word die kind groot en moet ook saam net hul voor ouers se leens en mietes saam leef. Dis hoekom baie kinders respek vir hul ouers verloor. Dankie ek is verlos van al die drug

Eliza-beth ·

Nou waar was die priester/dominee al die dae dat hy nie kon uithelp. Arme kind – sy het dalk nou ‘n lewenslange skrik in die kerk gekry terwyl dit vir haar ‘n veilige hawe moes wees. Wonder wat het die arme kind “gesondig” dat sy nou weer van duiwelsdinge beskuldig word. En wat se lewe wag vir haar as haar ma alreeds haar van sulke goed verdink. Kry haar eintlik baie jammer.

Oom Koos ·

Dit smaak my die duiwel is behoorlik los in die winderige stad en omgwing !

jennefer ·

As die ma maar van kleins af die dogter saam met haar kerk toe geneem het, en haar onderrig het , sou sy sekerlik nou nie nodig gehad het om die kind op die manier te wil dwing. Godsdiens en geloof begin op moederskoot!

Kruikie ·

Jinne as almal so vol van hulself is van perfeksie, hoekom is die wereld dan so holderstebolder? Tieners kan baie stoute goed wees en ouers se hande word afgekap! En wat de hel moet kinders in n kerk loop soek van kleins af as die grootste onheil in die kerke broei. Die ma het sekerlik goeie rede hoekom sy gedoen het wat sy het. Sy kon ve eerder die kind aan n boom tuis vasgemaak het as sy nie omgegee het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.