Tiener deur taxi doodgery

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn 15-jarige seun is Dinsdagoggend op pad skool toe in Potchefstroom, Noordwes, deur ʼn taxi doodgery.

Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het in Promosaweg plaasgevind. “Dit is nog nie bekend wat tot die ongeluk gelei het of van watter skool die leerling is nie,” het Meiring aan Maroela Media gesê. “Paramedici het die kind op sy maag in die pad aangetref. Die verkeerspolisie moes vir ʼn geruime tyd die pad sluit sodat paramedici veilig kon werk.”

Volgens Meiring het hulle nagenoeg 45 minute lank tevergeefs gespook om die kind se lewe te red. Hy is uiteindelik op die toneel dood verklaar.

Niemand van die taxi is in die voorval beseer nie. Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.