Tiener dood gevind: ‘Ek het gedink sy sou terugkom’

Ané Jacobs. Foto: Facebook

Ané Jacobs. Foto: Facebook

“Ek het nie gedink dat dit só sou eindig nie. Diep in my hart ek het heeltyd gedink sy sal terugkom. Maar toe die polisie my bel en sê hulle het ʼn lyk gekry, toe weet ek dit is Ané.”

Só het Anthea Jacobs vertel van die skok-oomblik toe sy uitgevind het haar 16-jarige dogter, Ané, is vermoor.

Maroela Media het vroeër berig Ané se halfnaakte liggaam is Dinsdag in ʼn veld naby die sokkerklub in Alberton gevind, nadat sy Saterdagaand vermis geraak het. Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het gesê Ané het kneuswonde aan haar gesig gehad en ʼn sakkie met haar kosmetiese produkte is ʼn paar meter weg van haar liggaam gevind. Haar liggaam is vermoedelik gesleep tot daar waar dit gevind is.

Anthea was Woensdag nog heeltemal verslae, net meer as 24 uur nadat sy van haar dogter se dood uitgevind het. “Ek dink nie die werklikheid het al heeltemal ingesink nie. Ek is heeltemal te kalm vir ʼn ouer met wie so iets gebeur,” het sy gesê. “As ek die boodskappe op Facebook lees en die mooi goed wat almal oor Ané sê, begin ek huil, maar dit is asof ek nog nie werklik glo dat dit gebeur het nie.”

Sy vertel Ané is Saterdag saam met haar 19-jarige broer by die huis weg om toiletware te gaan koop. Daarna het sy hom gevra om haar by ʼn vriendin af te laai, by wie sy wou gaan kuier. “Sy het Saterdagaand vir my ʼn teksboodskap gestuur, maar teen die tyd wat ek gaan slaap het, was sy nog nie by die huis nie. Ek het aanvaar dat sy by [haar vriendin] oorslaap, omdat sy dit gereeld gedoen het,” het Anthea gesê.

“Toe ek Sondagoggend wakker word, het ek gesien iemand het in die badkamer gestort. Ek het vir Ané ʼn Whatsapp-boodskap gestuur om te vra of dit sy was, maar die boodskap het nie deurgegaan nie. Ek het gedink haar foon se battery is dalk pap en sy sal seker later antwoord. Later het ek haar weer probeer bel, maar haar foon was steeds af. Toe het ek begin bekommerd raak.”

Anthea sê sy het al Ané se vriendinne en ander mense by wie sy moontlik kon wees gebel, maar dit was tevergeefs. ʼn Vriendin het wel gesê sy was die Saterdagaand saam met Ané en ʼn klomp ander vriende by verskillende kuierplekke in Alberton en beeldmateriaal by een van hierdie plekke het dit later bevestig. Iemand wat Ané sou huis toe neem, het vertel sy het gevra om by ʼn kuierplek naby die huis afgelaai te word, omdat sy glo vriende daar sou ontmoet.

Ané Jacobs. Foto: Facebook

Ané Jacobs. Foto: Facebook

“Ek het so gehoop dit is net tienerstreke; dat sy dalk net weggeloop het. Sy het niks van skoolgaan gehou nie en ek het gehoop dit is dalk die rede hoekom sy die pad gevat het en dat sy sou terugkom,” het Anthea gesê. Dinsdag omstreeks 14:00 het sy die oproep van die polisie gekry dat ʼn meisie se lyk gevind is en ʼn kollega van Anthea het die liggaam gaan uitken.

Anthea het gesê die manier waarop die Alberton-gemeenskap, familie en vriende gehelp het om na Ané te soek, is sprekend van die gewilde en ekstroverte mens wat Ané was. “Ek dink nie daar is ʼn mens in Alberton wat haar nie geken het nie. Sy was so liefdevolle mens wat net altyd daar was vir ander mense. Sy was soos een van daardie meisies in die flieks wat net so pragtig en gewild en gelukkig was,” het Anthea gesê.

“Haar hare en oë was haar trots. Sy het altyd perfek gelyk en was baie netjies op haarself en haar omgewing. Natuurlik het sy ook maar haar streke gehad en sy sou nooit enige moeilikheid van iemand af duld nie. Sy kon ook nooit stilsit nie. Dit is baie min wat sy voor die televisie sou sit, want sy wou eerder net by mense wees of besig wees met iets.”

Anthea het gesê die familie wag nog vir die uitslae van die nadoodse ondersoek, wat sal bepaal wat die oorsaak van Ané se dood was. “Ek wil net hê die polisie moet die een vang wat dit gedoen het. Ek wil hom in sy oë kyk en hom vra, hoekom? Hoe kon jy iemand se toekoms net so wegvat? Hoe kon jy ouers se kind net wegvat?”

Die finale begrafnisreëlings is nog nie bekend nie. Ané word oorleef deur haar ouers, broer en stiefsussie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Aster ·

Dis regtig skokkend! Kinders is nie veilig in SA nie en kan net dink hoe moet ouers in vandag se tyd wonder oor hulle kinders se veiligheid en toekoms. Baie sterkte aan die familie.

Piet ·

Anthea mense kan jou dalk wil oordeel vir jou kind se gedrag, maar ek se jou dat geen mens gemaak is om jou kinders te begrawe nie. Ek is jammer oor jou verlies. Jy moet nie antwoorde verwag van die mense wat dit gedoen het nie. Mens sal mos jou tyd mors as jy met ‘n demoon probeer redeneer.

Willem ·

Dit is bitter hartseer dat so mooi kind se lewe net so kort geknip is…..wat my pla is dat kuierplekke minderjariges toelaat sonder om hulle ID’s te check en net goedsmoeds hulle laat ingaan EN drank aan hulle verkoop.

Dis tyd dat di polisie meer klopjagte begin dun op kuierplekke soos in d ou dae of dat d regering begin wette instel om d klub eienaars aanspreeklik te hou EN kriminele aanklagte teen hulle te le.
Al my simpatie aan haar familie.

Asjas ·

Ek was nuuskierig toe gaan google ek die plek. Daar is meisies in fotos wat nie ‘n dag ouer as 14 lyk nie!!

100% ·

Ek stem saam jou dis nie reg dat ‘n ouer hul kind moet begrawe nie,maar iewers moes daar dissipline toegepas geword het en Henry as jy die berig gelees het staan daar sy was iemand wat gekuier het en plus hoekom vind jy nie uit of jou kind okay is voor jy gaan slaap nie,ek dink nie jy kan gaan slaap sonder om dit te weet nie maar sy is boonop nog minderjarig so Michelle jy maak ‘n goeie punt.

Dirk ·

Anthea,sterkte vir julle familie,mag die Liewe Vader by julle wees in die moeilike tyd.Geen ouer wil so iets deurmaak nie,dis hartverskeurend..

Maria van zyll ·

Sterkte aan die ouers broer suster en familie. So onnodig en hartseer. Julle in my gebede. Asb ignoreer kommentaar van mense wat jul as ouers wil oordeel hulle ongeletterd en ongevoelig… Sterkte aan julle almal

Andrea ·

Baie sterkte aan die gesin en veral aan Anthea. Ja, kinders luister nie. As ek myne waarsku en hierdie tragiese verhale vir hulle vertel, rol hul hul oë en sê dit sal nie met hulle gebeur nie, want hulle is verstandig en doen nie gevaarlike goed nie…wat hulle nie besef nie, is dat ons nêrens meer veilig is nie.

Asjas ·

Ek het hierdie einste “fight” met my 18 jarige (amper 19) dogter gehad verlede week. Haar antwoord was wragtig: “Net omdat dit met ander mense gebeur is nie te se dit gaan met my gebeur nie!”
Ek was so boos maar het haar maar haar eie ding laat doen, die hele nag gestress en vroeg die volgende oggend gebel.

Juanita ·

@asjas Ja beslis, ek hoor jou. Ek is tans 27 en my ouers was net-net streng genoeg. Ek mag nie by vriendinne oorgeslaap het nie. Moes by die huis wees voor donker. My ‘jols’ was die skool sokkie twee keer n jaar. Ek mag by die inkopie sentrum saam my vriendinne kuier, maar ekt geweet my ouers is ook daar rond tot ek klaar was. Ek was nie afgelaai en weer later opgetel nie. En kyk, ek is nie een dag spyt of verwyt my ouers nie. Want hulle wou net doen wat vir my die beste was. Maar mens moet ook onthou, mens kan in dag lig jouself in dieselfde situasie vind. As dit jou tyd is, is dit jou tyd.

Nooit nie ek ·

Ja Asjas, sê aan jou dogter: “You won’t be the first one BUT you could be the next one”.

Aletta ·

Baie baie sterkte aan die ouers, broer, suster en almal wat haar lief het.

marna ·

Asjas dis wat ouers juis nie moet doen nie. Kinders weet nie van beter nie. Hulle is nog kinders en ons moet na hulle kyk want hulle weet nie van beter nie. Hulle is nog nie wereld wys nie. Dis baie gevaarlik daar buite. So skurk het net 1 keer nodig. Sterkte aan die familie. En ons moet bid vir ons mensdom mense. Ding ruk nou hand uit.

Tinktinkie ·

Marna ek ondersteun jou standpunt. Ek kan maar die ‘heks’ wees wat my kinders nie laat uitgaan nie, of by maats oorslaap wie ek nie ken nie en met wie se ouers dit nie vooraf gereël is nie! Ten minste weet ek my kind is veilig….al is dit met n dikmond in haar kamer!!
Sterkte vir d familie in d moeilike tyd.

Schalean ·

My hart bloei uit na die vreeslike ding wat met so Jong pragtige dame gebeur het. Ek hoop die persoon Wat n ha lewe gevat het word vinnig gevang en hy kry sy lewe agter tralies….. life sentence should come back…. sterkte met die familie en vriende. Jammer oor Julle geliefde

Erika Marnewick ·

16 is darem baie jonk. Kuierplekke is nie waar 16 jariges toe gelaat moet word nie.

PrincessR ·

Ek was 13 toe ek in kuierplekke was so 16 is eintlik n ouderdom waar meeste van tieners is in kuierplekke. Jy sal jou dood skrik as jy weet hoe baie van hulle is daar. Dit gebeur al vir jare.

Ruby ·

Die skuldiges gaan vasgetrek word, dis verseker.

Kan mense wat naby die rugby klub woon nie op hulle kameras kyk vir ‘n voertuig wat daar ingedraai het nie? Dit kan moontlik help.

Maritza ·

Glo nie ek stem saam met een kommentaar wat gese het ” as dit jou tyd is, is dit jou tyd” ek glo nie ons Hemelse Vader sal enige iemand se einde so beplan nie dis die siek krimineel se keuse of hy/sy n wrede verkeerde daad wil deurvoer of nie, net soos almal elke dag keuses moet maak om reg te leef of nie ens. Het hierdie persoon n mens wat geen kans gehad het om ook n lewe te lei van haar weg geneem sonder om te skroom nie. Dis so vlak om te se as dit jou tyd is, is dit jou tyd. Normale dood ja maar wrede dood …. Regtig? Nee my God gee keuses nie wapens in siek mense se hande om oor lewe en dood te besluit nie. Ons lewe is siek en hartseer.

Anoniem ·

Ons regering is blind en doof vir die goed. Ons word uitgemoor maak nie saak watter kleur of ras jy is…een vir een………Ons staan nie kans teen ons regering, moordenaars, verkragters, diewe nie…Ek glo in my hart die doodstraf moet terugkom…dan gaan jy twee keer dink voor jy die goed aanvang…..

Irene ·

Ek het gesorg dat ek altyd weet waar my kinders is, hoe laat hul terugkom, saam wie hul is en dit eers op die ouderdom van 18. Voor dit was hul nie sonder my toesig toegelaat na kuierplekke nie, net skoolfunksies en vriende (wat ek goed geken het) se huise. Toe hul 18 bereik het, het ek nie ‘n oog toegemaak voordat hul nie veilig by die huis was nie. Daar was selfs op die ouderdom van 18 en 19 nogsteeds reels toegepas oor hoe laat om by die huis te wees en behoed hul as hul nie daai tyd by die huis was nie. Ek was seker die grootste heks leefbaar, maar vandag is my kinders selfstandig en hulle hang nie in pubs en clubs uit nie.

DS ·

Irene gaan elke dag op jou kniee en dank die Liewe Heer dat Hy jou kinders beskerm. Dis nie jou toedoen of reels wat sorg dat jou kinders veilig is nie! Ek was/is ook ‘n ma wat altyd weet waar my kinders is maar dit het die Here behaag om my jongste te kom haal en EK kon dit nie keer nie – die ongeluk het gebeur na die sms “ek is oppad huis toe ma “. Innige simpatie aan die familie hoop dat Hy julle sal troos in die BAIE moeilike tyd wat voorle.

Marinda ·

Anthia en gesin, Fred en gesin. Ons weet julle harte is stukkend. Ons bid vir julle. Ja, mens dink altyd dinge gebeur net met ander mense. Sterkte. Oom Jan en Tannie Marinda

Penny ·

I am so shocked & saddened by what has happened here to yet another innocent young victim. Whoever did this is gonna face their KARMA. RIP Ane, may God be the rock of strength your family needs right now. Love & Light…

jolene ·

Hi daar ek dink dis n goeie punt daar. Maar al probleem is die huise is nie soooo naby aan die rugby club nie ek woon ook baie naby daaraan en is nou soo skrikkerig om net spar toe te loop

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.