Tiener ernstig beseer by veldren

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tienerseun (17) moes Saterdag per helikopter na ʼn hospitaal geneem word, nadat hy ernstig beseer is toe hy aan ʼn motorfietsveldren in Fochville deelgeneem het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê dit is nie duidelik hoe die ongeluk gebeur het nie, maar die seun het veelvuldige beserings, wat ʼn kopbesering insluit, opgedoen. Die seun is op die toneel gestabiliseer voordat hy deur ER24 na die Mediclinic Sandton gevlieg is.

“Terwyl paramedici besig was om die seun te behandel, is nog drie deelnemers na die mediese stasie gebring,” het Vermaak gesê. “Hulle het al drie minder ernstige beserings opgedoen en is na die Leslie Williams-hospitaal geneem.”

Die name van die beseerdes is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kirst ·

die is my suster se kind. hy is nog in ICU maar vorder goed aan. het weer scan gedoen vandag en wag om te hoor of die bloeding op die brein al minder is en of die swelling af gekom het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.