Tiener ernstig beseer ná motorfiets vlam vat

Foto: Netcare 911.

ʼn 16-jarige seun is ernstig beseer toe die motorfiets waarmee hy gery het aan die brand geslaan het ná ʼn botsing teen ʼn voertuig.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het Maandag omstreeks 17:30 in Brits plaasgevind.

“Die botsing het op ʼn grondpad plaasgevind en die motorfiets het aan die brand geslaan,” het Dollman gesê.

Paramedici het die tiener behandel vir ernstige brandwonde op verskillende dele van sy liggaam.

“Paramedici het besef sy beserings is baie ernstig en dat hy gespesialiseerde behandeling sou benodig. Die Netcare 911-helikopter is gevolglik ontbied.”

Die pasiënt is pynmedikasie toegedien voor hy per helikopter na ʼn gespesialiseerde brandeenheid in Johannesburg vervoer is vir dringende mediese behandeling.

Dit is nog nie bekend of die bestuurder van die ander voertuig beseer is in die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.