Tiener ernstig beseer ná tref-en-trap

Argieffoto (Foto: memyselfaneye, Pixabay)

ʼn Tienermeisie is Maandagoggend ernstig beseer in ʼn tref-en-trap-voorval wat in die Sea View-woonbuurt in Durban plaasgevind het. Die voertuig het weggery sonder om stil te hou.

Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, sê die voertuig het die 13-jarige meisie getref nadat die bestuurder deur ʼn rooi verkeerslig op die hoek van Sarnia- en Sea View-weg gery het. Die voorval het omstreeks 07:00 plaasgevind.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Als Paramedics-nooddienste, sê met paramedici se aankoms op die toneel het hulle die meisie in ʼn kritieke toestand in die pad aangetref.

Sy is op die toneel gestabiliseer voordat sy na ʼn hospitaal in Durban geneem is vir verdere mediese behandeling.

Die polisie in Bellair ondersoek ʼn saak van roekelose en nalatige bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anel ·

Hoekom nie poging tot moord nie? Die feit dat die persoon weggejaag het moet dit poging tot moord wees!!

Hexi ·

Roekeloos en nalagtige bestuur se …
Dit is poging tot moord!

Chantel ·

Dit is eenvoudig skrikwekkend om te sien hoe baie mense die padreël net eenvoudig verontagsaam, want as hulle daarmee kan wegkom, hoekom dan nie ek nie. SA is baie laks waar die wetstoepassing daarvan vorendag kom.

Ek stem saam hierdie is veel eerder poging tot moord.
Sterkte aan die gesin van daardie arme kind

Pierre ·

As mense met groter misdade wekom sal die kleiner misdaad/oortredings dieselfde pad volg die meerderheid mense sal die toelaatbare gedrag tot die maksimum druk, geregtelike onbevoegdheid het n uitwerking op alle vlakke van die samelewing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.