Tiener meld by polisie aan ná voorval by kuierplek

Paramedici behandel een van die jong mans by die bekende kuierplek Jaggers. (Foto: Verskaf)

Die 17-jarige seun wat daarvan beskuldig word dat hy ’n 20-jarige man op die dansvloer van ’n kuierplek in Rustenburg met ’n mes in die lies gesteek het, het by die polisie aangemeld.

Sakkie Smith, die tiener se prokureur, sê sy kliënt het op regsadvies Woensdag by die polisiestasie in Rustenburg aangemeld waar hy formeel aangekla is. Hy is daarna vrygelaat.

“Die saak is tans sub judice en die familie gaan nie reageer op die besonderhede van die voorval nie,” sê Smith.

’n Saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer is ná die voorval by die bekende kuierplek Jaggers teen die tiener aanhangig gemaak. Die tienerseun het egter ’n aanrandingsaak van sy eie by die polisie aanhangig gemaak.

Kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het vroeër vandeesweek aan Maroela Media gesê dit is nog nie duidelik wat presies Vrydagaand gedurende ʼn konsert van die kletsrymers Early B en Loufi gebeur het nie.

Volgens Funani het ’n gestampery op die dansvloer glo tot die mesvoorval aanleiding gegee.

Nóg ’n jong man (ook 20) is in die hand gesteek toe hy skynbaar ingetree het om die situasie te probeer ontlont.

Dít terwyl ’n derde jong man (18) tydens die chaos glo ’n hou in die maag weg het en later ’n toeval buite die kuierplek gekry het. Dié jong man is tans nog in die hospitaal, terwyl die twee messteekslagoffers ontslaan is.

Mariëtte Coetzer, eienaar van Jaggers, het vroeër aan Maroela Media gesê dit is nie duidelik waar die ’n mes vandaan gekom het nie, aangesien alle klante by die ingang deursoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Swerwer ·

Vrygelaat……………….pragtig, wys jou maar net…………………………….

AW ·

Ja Nee, kom werk saam my, Me Coetzer, en ek sal dinge vir jou uitwys by nag klubs en nog meer .

Lillian ·

Wat soek ordentlike mense nog in sulke hole? Hierdie is nie meer die 80’s nie. Hendaages nagklubs is broeiplekke vir allerande onsmaaklike dinge en karakters

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.