Tiener geskiet tydens rooftog in Pretoria-Noord

Foto aan Maroela Media verskaf

Foto aan Maroela Media verskaf

ʼn 16-jarige tienerseun is Donderdagmiddag beseer toe aanvallers op die bakkie waarin hy gery het, gevuur het.

Pieter Oosthuizen van die Apiesrivier Landelike Brand Beskermingsvereniging het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 14:15 plaasgevind. “Die pa en sy twee seuns is na die Absa in Pretoria-Noord om te gaan geld trek. Hulle het ongeveer R80 000 kontant getrek,” het hy gesê.

Oosthuizen verduidelik die gesin moet gereeld sulke groot bedrae kontant trek weens die aard van hul onderneming, so hulle is bedag op veiligheid en let op wanneer hulle ry dat hulle nie moontlik agtervolg word nie.

“Hy het egter vandag, eers toe hulle by die kleinhoewe se hek inry, die motor gesien wat hulle agtervolg het,” het Oosthuizen bygevoeg. Hy het verduidelik daar is drie huise op die kleinhoewe en ʼn hele aantal kinders was buite. “Hy het op sy toeter begin blaas en om die huis gery om die inwoners te waarsku en seker te maak dat die kinders nie buite is nie.”

Drie persone was in die tweede motor. “Twee persone het 9 mm-pistole gehad en op die bakkie begin vuur. Hulle het die bakkie nege keer getref.”

Die jonger seun het agter die bestuurder in die dubbelkajuitbakkie gesit en een van die koeëls is deur die bakwerk en het hom in die regterknie getref.

“Die pa het ʼn geringe besering opgedoen. Hy het ʼn skraapwond opgedoen toe een van die koeëls hom rakelings onder deur die deur getref het.”

Die rowers het sonder enige buit gevlug.

Die seun is tans in die hospitaal vir behandeling. Sy toestand is nog nie bekend nie.

Die polisie is steeds op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Alida ·

Die teller by die bank het die wenk na buite gestuur wat anders. Het die mense nog nie gehoor van EFT nie. Genade.

Daan Boraine ·

Maak ni saak wat di omvang en aard van jou besigheid is ni .JY TREK NI DAARI HOEVEELHEID KONTANT NI.

Goeie raad ·

Maak maar ‘n ander plan want hierdie is alweer ‘n “inside job”. Hulle sal jou wel een of ander tyd uitruik soos wat ook hier gebeur het. Ek glo ook nie dit was wys om die kinders saam te neem wetende dat so-iets wel kon gebeur.

AL ·

Dis onverantwoordelik om met soveel kontant te ry of in huis te he. Definitief inside job van bank of werkers. Vandag kon maklik in tragedie ontaard het, more is die gesin nie so gelukkig nie

Johann ·

Uiters ellendig om die soort geld buite die bank te trek, daar is eindelose sekuriteit in die bank vir die soort van transaksies

AL ·

Jy word binnekant die bank ook dopgehou deur voornemende georganiseerde rowersgroep.

Alida ·

Wat verstaan julle nie? Die kassier stuur die boodskap uit.

Pietsnot ·

Almal moun nou oor die man dit gedoen het . Dink niemand dat dit verkeerd is om n ander mens te beroof nie . dis n vry land hierdie .

Lola ·

Pietsnot, dit is nie ‘n vry land hierdie nie. Lankal nie meer nie.

Rierie ·

Genade tog. Vermy absoluut die situasie, want jul speel reg in die bose skelms se hande… EFT liewer!

Sus ·

Die geld was seker vir lone, en in kontant want baie van die arbeiders het nie ‘n bankrekening nie. Dis tyd dat Banke verantwoordelikheid neem vir dié misdade dan sal hulle gou-gou maatreëls in plek stel wat dit sal verhoed.

Minx ·

En die werkers is dalk nie wettig in die land nie so hulle kan nie bankrekerninge he nie. Die wat burgers is ,is weer te lui om arbeid te doen…dis ook ‘n rede

jan bosch ·

feite mense dis my broer wat beseer is daar was geen kinders nog by huis hul het paar miniete daar na by huis gekom dit was in die bank getrek en hoe gemaak as jou werkers nie bankrekeninge het nie ??? as hul iemand se kar wil roof en daar word geskiet wat dan is dit dan ook nalatigheid die feit bly staan jy roof nie iemand nie!!

Rooikop ·

Dis tyd dat ons daarop aandring dat hulle ook almal ‘n bank rekening oopmaak, al kry hulle ‘n “minimum pay”. Elkeen moet maar self die tellers aandurf vir sy eie geldjie. Ons word genoeg uitgemoor en getarget!

Goeie raad ·

Goeie raad Rooikop, die enigste kommentaar tot dusver wat die oplossing bied.

ZeeBee ·

En daar gaan almal al weer.Kan ons terugkeer na die eintlike storie?
Sterkte aan die familie en alle beterskap vir die seun.

Kathleen ·

Goeie more ek is I famielie lid ek will net graag vir almal se wat kommentaar hulle was die slagoffers en dat as die julle famielie was of kinders sou julle nie sulke kommentaar geniet het nie ons hoop die skuldiges word gevang En dank god dat ons famielie niks oor gekom het nie en veilig is PS.. As hulle will geld steel dan moor hulle jou vir 50 rand ook

kala ·

Maklik om klippe te gooi as dt nie jy of jou familie is wat betrokke is in so iets nie,maar al wat ek vandag kan se is dt is my familie geliefdes mense vir wie ek omgee en ek gee nie om wat wie se nie geen opinie tel behalwe dat ons n dankbare familie is dat ons geliefdes gespaar is dat God sy hand oor hul gehou ht laat mense maar vingers wys en klippe gooi soveel hul lus ht

Jeni ·

Dit is daai kassier wat die inligting uit gegee het, ek sal die bankbestuurder gaan sien
as ek hulle is. en sommer van bank verander en nooit weer kontant trek nie. Dis nie die
eerste keer wat dit by daai Absa gebeur nie, ek weet van ander mense wat pta noord
absa getrek het en is dan beroof.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.