Tiener ‘getraumatiseer’ ná sy van ontvoerders ontsnap

Krysten het in die val met haar slaap en bene die teerpad getref. (Foto: Verskaf)

“Al die ‘wat as’-vrae skop nou in. Wat as sy nie daarin kon slaag om weg te kom nie? Dit is vreesaanjaend om daaraan te dink,” het Louise aan Maroela Media gesê.

Louise se tienerdogter het Maandag uit ʼn bewegende motor gespring toe drie mans probeer het om haar in die straat waarin haar ouerhuis in Roodepoort in Johannesburg is te ontvoer.

Die 17-jarige Krysten het gister ná skool ʼn saamrygeleentheid gekry tot by ʼn winkel in Discovery, Roodepoort, waarna sy kort voor 14:00 oudergewoonte straataf huis toe gestap het.

“Sy het agtergekom dat drie mans in ʼn wit Volkswagen Citi Golf haar agtervolg. Daar is twee maniere om by ons huis uit te kom, so Krysten het omgedraai en ʼn ander rigting ingeslaan sodat die insittendes nie sou weet waar sy bly nie,” verduidelik Louise.

Die motor het toe verbygery maar haar egter minute later by ʼn kruising wat in dié straat inloop, ingewag.

“Die passasier in die agterste sitplek het uitgeklim en haar vir haar selfoon gevra. Toe sy nee sê, het die man haar gegryp en by die motor ingeboender. Die bestuurder het begin ry maar die motordeur was nog oop. Sy het haar selfoon na voor in die motor gegooi om die mans se aandag af te trek waarna sy uit die man agter se greep losgeruk het en uit die motor gespring het,” verduidelik Louise.

Sy sê die man het nog na Krysten se rigting gegryp, maar kon haar nie weer in sy greep vasvang nie en die motor het weggejaag.

Krysten het in die val met haar slaap en bene die teerpad getref en vir ʼn oomblik haar bewussyn verloor. “Toe sy bykom en agterkom waar sy is, het sy haarself opgehelp waarna sy sukkel-sukkel huis toe is om haar sussie te roep om te kom help,” vertel Louise.

Volgens Louise is Krysten in baie pyn en getraumatiseer na afloop van gister se gebeure.

“Ek was by die werk toe dit gebeur het en dit maak my op my senuwees om te dink my kind is nie eers veilig as sy van die skool af kom nie. Ons moet ons kinders leer dat jy nie meer alleen iewers heen kan stap nie. Dit is nêrens meer veilig is nie,” sê Louise.

Die gesin het die voorval by die polisie aangemeld.

Maroela Media het navraag by die betrokke polisiewoordvoerder gedoen en wag steeds op terugvoer.

Die familie se van is verwyder op hul versoek. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Helena. ·

Siestog! Eks bly sy kon weg kom. Dit kon baie erger gevolge gehad het. Sterkte, hoop jou net die beste toe in die bose werêld.

Ma ·

Dank Die Vader! Ek is so trots op jou dat jy alles gedoen het om los te kom. Jy is ń yster! Hoop jy word gou beter?

chantelle ·

dankie Hemelse Vader die kind is nou veilig
dis n siek wereld en lewens word geneem vir aardse dinge
wat my pla is dat ”human trafficking”ook n probleem is

Bly die meisie het op haar voete gedink

AskiesekSê ·

Liewe ouers dis al lankal nie meer veilig vir jou kinders om alleen rond te loop nie! Ek is bitter bly die mensie is veilig en hoop sy word gou gesond, ligaamlik en emosioneel.

Wilmarie ·

Hulle het verlede week in Ellisras ( Lephalale) ook n meisie na skool probeer ontvoer. Ook 3 mans. Die Golf was wit. Diè dinge gebeur al hoe meer.

Wilmarie ·

Jammer die Golf in Ellisras was ‘Maroon’, nie wit nie.

BB ·

Alleen of twee, twee. Vriende van enige geslag saam is ook ‘n teiken.

Lana ·

Krysten, baie bly dat jy kon wegkom!! Dis al wat tel.
Jy het mooi kop gehou.
Ek bid dat jy spoedig sal genees en oor die ding sal kom!!

Piet ·

Ja nee geen toekoms vir kinders in die gemors van n land waar ons nou in moet leef nie. ?

HOBBO ·

Hierdie geval breek my hart. Ons kinders en ou mense is teikens van n siek gemeenskap. Ek is dankbaar dat die Here die geleentheid bewerkstellig het vir haar om te ontsnap. Pas julle kind mooi op. Sy is vir julle kosbaar.

Vonny ·

Baie sterkte en seenwense aan die familie. Kom ons bid dat God ons land sal kan verander deur gebed!

Boerboel ·

Baie Mooi gedink, hoop jy word gou beter. Ek dink ons moet ons kinders “Peperspray” gee. kan dalk help as hulle so iets moet oorkom.
Ek dink ook meisies moet selfverdediging klasse bywoon, kan nutig wees as hulle aangeval word.

Arsène ·

Dankie Here sy het weggekom.
Ons kinders is nêrens meer veilig.

Jacalas ·

Dit maak ons besluit net meer eenvoudig vir die veiligheid van ons kinders en hulle toekoms. Een van die dae kan hulle vrylik met hulle fietse skool toe ry sonder vrees

Varl ·

Hoekom word daar nie meer inligting deur gegee nie. Met meer inligting kan die boosdoeners dalk vas getrek word, en n volgende slagoffer gespaar word. Wat help dit om nuus deur te gee maar jy kan niks daarvan gebruik nie. Die boosdoeners leef tussen ons. Ons lees van hulle maar die M E D I A weerhou ons van inligting wat die polisie kan help om ons land weer veilig te maak.

plus ·

Ek stem heelhartig met jou saam. Geen oplossing sonder die waarheid nie. Ons weet nie meer wie vriend of vyand is nie.

Jacalas ·

Dit regverdig net ons besluit om vir ons kinders ‘n beter en veiliger toekoms te gee. Een van die dae kan hulle met hul fietse skool toe ry

Wie weet ·

Ja nee Dankie dat jy weg gekom het Mens kan nie meer jou kinders aleen laat wees nie nerens nie sterkte

Lizelda ·

Ek is so ongelooflik dankbaar die dogter is veilig, skaafmerke en bloukolle kan gesond word maar sy is veilig. Jyt op jou voete gedink meisie toe jy die selfoon so gegooi het. Well done en vinnig gesond word.

marous ·

Hierdie tipe goed verander ‘n gewone ordentelike mens in ‘n hater. Mense kan nie meer hierdie afskuwelike gedrag wat deur die verrotte regering met ooglopende stilswye goedgekeur word , hanteer nie . Dit is net eenvoudig ondraaglik om te leef in ‘n land waar booswigte die septer swaai van bo tot onder!

KrokodilBotha ·

Het Cele nie ruk terug gese sulke gevalle is rumours nie. Die f@@kers.

Naomi ·

Jacalas ek hou van jou antwoord. ???
Miskien is ek te “eerlik” dat maroela my kommentaar sal plaas.

Blackie ·

Dank Vader jy is ok. Jy was ongelooflik braaf. Baie sterkte met jou herstel. Fisies en veral emosioneel.

Hallelujah ·

Kan ek se ek salueer jou Krysten – vier van hulle teen een – jy is veilig en dis al wat saakmaak dis al – jy is erg getraumatiseer dit weet ek – maar jy het opgestaan en nog steeds by jou huis uitgekom. Hene man wat moet ‘n mens nog doen, boosdoenaars kom net weg met als als.

PJC ·

Geen kind of vrou is meer veilig op straar nie. Kinders en dames sal maar voortaan in groepe moet beweeg.

waarheid ·

Stap saam met iemand dogter – dis veiliger.
Jy is ‘n heldin in my oe – jy het op jou voete gedink.
Dankbaar jy is veilig.

Pop ·

Ek is so so bly jy het weggekom. Mense , kinders kan lankal nie meer alleen loop nie. Inderwaarheid kan niemand meer buite op straat wees nie.

sandra ·

Dit het weereens net my besluit versterk dat ek en my dogter selfverdedigingsklasse moet neem. Ons is alleen, was al in ons huis aangeval. Ai tog, waarheen, waarheen is ons mooie land oppad? Baie sterkte aan die gesin met die herstelproses wat nou op julle wag.
Ek hoop, dat indien die boosdoeners gevang word, hulle ordentlike straf sal kry en nie net oor die vingers gepiets sal word nie

jakes ·

Ek kan die woede in my nie beskryf nie. Die meisie is gelukkig om met haar lewe weg te kom. Die vuilgoed wat ons kinders en oumense bedreig moet uitgeroei word.

Lina Smit ·

Krokodilbotha is dit die beste waarmee jy vorendag kan kom ?. Ek ken baie ander woorde wat ek jou kan leer!

Genoeg ·

Boerboel en Vonnie, ek was al in ‘n nood sitsuasie waar ek Pepperspray moes gebruik. Dit was in ‘n vertrek en ek was amper meer aangetas as die man wie dit ontvang het. Ek moes uit om asem te kon kry, die man het uitgehardloop, sy gesig gaan was en weer teruggekom en gelukkig het hy hom toe in op en wakker polisiemanne vasgeloop en is hy van die perseel verwyder. Dus is ek geen voorstander van Pepperspray nie, of moet ek dalk opleiding kry hoe om dit te gebruik? Krysten, spoedige herstel en hoop jy kry die nodige ondersteuning om die trauma te verwerk.

schalk ·

Vader het jou beskerm eer aan Hom.Dis jammer dat die onbevoegde regering nie verantwoordelik gehou word deur hul kiesers nie.Hoeveel misdaad nog.

JM ·

Wilmarie, so ver ek verstaan het die voorval in Roodepoort gebeur en nie in Ellisras (Lepelale) nie.

Theresa ·

Dis SAP sal nie kommentaar lewer nie, want dis nie vir hul prioriteit nie.
Ek is baie bly jy is veilig nou en ok. Jou ouers kan baie trots wees op jou. Jy het ongeag wat, kop gehou en sekere planne gemaak. Uitstekend gewees. Met die nodige berading, hulp en ouers se ondersteuning, sal jy die hele wêreld weer in die oë kyk. Sterkte!

Ruby ·

Huiseienaars met kameras kan help deur hulle footage na te gaan om moontlik kar registrasie nommer of gesigte te help identifiseer. Gee ‘n kopie daarvan aan die ouers ook want die polisie “verloor” soms bewysstukke.

Sterkte meisie, baie trots op jou dat jy op jou kop gebruik het.

Neilia ·

Dieselfde het my kind ook amper oorgekom, toe ek dit publiek maak word daar vir my gesê ek moenie mense onnodig paniekerig maak nie. Nou moet die wat in hulle babbeltjie lewe ,maar hulle lot aanvaar en nie kom hulp vra as hulle kinders verdwyn Nie.

Gaitsigubib ·

Neila as hulle n duisend maal oor, traak-my- nie- agtig is sal ek mense steeds jammer kry as so iets met hul kinders gebeur. Daar is verskeie groepe wat hulle tans staal vir totale anargie in hierdie land. Hulle beleid is dikwels om ander, wat kwansuis nie wil hoor nie, uit te sluit. Dis in die eerste plek onchristelik, maar in die tweede plek is boere reeds so min dat ek glo jy sal jouself in n minderheid bevind as jy ander gedurig uitsluit. Julle kan groeppies maak soos jy wil, God sal besluit wie hy sal beskerm. Ek wens jou alle sterke toe.

Ruby ·

Huiseienaars met kameras kan help deur hulle footage na te gaan om moontlik kar registrasie nommer of gesigte te help identifiseer. Gee ‘n kopie daarvan aan die ouers ook want die polisie “verloor” soms bewysstukke.

Sterkte meisie, baie trots op jou dat jy jou kop gebruik het.

Antionette ·

Mens se hart kry sommer so beklemming as jy die goed lees. Ons bly in Botswana maar kan nie help om inpaniek te sit en wonder wat gaan word van SA. Verstommend om te dink hier is al ons bure swart maar ek los my huis oop kinders speel heeldag in strate jy sluit nie eers jou kar nie. Ons gebede is met almal in SA mag ons Vader jul styf in sy hand hou…

Arno ·

Sterkte vorentoe dapper meisie.
Dankbaar dat jy kon kop hou.

Domvraag ·

Wil ook weet. MM dis belangrik sodat ons kinders op die uitkyk kan wees. Julle is dit verskuldig aan elke kind. Was hulle swart of wit?

Mielies ·

Selfverdedigingsklasse moet by skole aangebied word – daar is soveel oud polisiemanne en weermaglede wat kan help. Ons kinders moet voorberei word want elkeen in ‘n teiken. Dit is deel van goeie ouerskap !

Lizelda ·

Ek stem 100% saam, veral teen die trant wat ons kinders vermoor en ontvoer word, maar sal die regering dit goedkeur? Jy weet alles wat goed en reg is gaan teen hulle beginsels.

Lizelda ·

Ek stem 100% saam, veral teen die trant wat ons kinders vermoor en ontvoer word, maar sal die regering dit goedkeur? Jy weet alles wat goed en reg is gaan teen hulle beginsels.

Danielle ·

Ek glo dis die dieselfde wit VW Citi Golf wat in Desember 2017 n vrou beroof het. Ek het een oggend vroeg seker so om 06h00 n kollega in Discovery gaan optel vir werk toe ook n wit golfie met 3 kleurling mans uitspring en aan n vrou ruk vir haar handsak en toe sy terug ruk toe pluk die man n geweer het, ek sien dit toe en begin op my hooter le om die man af te skrik toe begin hy rig hy die geweer op my en my kar, en jaag toe weg met die vrou se handsak en los haar op die teerpad.

Dit moet dieselfde mans wees! Discovery is n baie gevaarlik area om alleen te loop. Versigtig wees!

Ekke ·

Voordat my pa 45 jaar gelede oorlede is het hy al voorspel wat in hierdie land gaan gebeur as daar n ander regering is. EN HY WAS 100 PERSENT REG. So bly julle is nie vandag meer hier om die chaos te aanskou nie pappa.

Gesiggie ·

Jy het vining en flink gedink… dinge kon soveel erger gewees het?? so verlig jy is veilig .. ons is nie meer veilig in SA… geen kind is veronderstel om alleen te loop veral nie n vrou” ons land is siek en ongelukkig is daar mal mense daar buite” sterkte Krysten hoop dat jy gou beter sal voel en dat die skelms gevang kan word…. wees versigtig sodat hul nie weer terug kom”’pas jouself mooi op.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.