Tiener getuig oor prostitusie by Durban-hotel

Genchen Rugnath en sy vrou Ravina Foto: Tebogo Letsie

Genchen Rugnath en sy vrou Ravina Foto: Tebogo Letsie

ʼn Skoolmeisie het Maandag aan die Durbanse streekshof gesê sy het R50 vir seks gevra, nadat sy dwelmmiddels ontvang het.

Die meisie, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie, het aan die hof gesê ʼn wit man het haar gebel om te vra hoeveel dit kos. “Ek het vir hom gesê dit is R100, soos ek aangesê is om te doen,” het sy getuig. “Die R100 is vir orale seks en vir seks.”

Die meisie getuig tans in die hofsaak van dr. Genchen Rugnath, sy vrou Ravina en Sandile Patrick Zweni, Nonduzo Dlamini en Bhabha Dubazini. Hulle het onskuldig gepleit op 156 aanklagte, insluitend aanranding, verkragting, seksuele uitbuiting van ʼn kind en swendelary.

Meisies so jonk soos 12 jaar oud het glo by ʼn hotel in Durban gewerk. Die meisie, wat nou 19 jaar oud is, het aan die hof gesê sy was 13 jaar oud toe sy genooi is om by die Victoria Lodge-hotel te kom bly terwyl sy buite ʼn biblioteek in Durban gestaan het.

Sy het daardie aand glo ʼn “sigaret” gerook, maar een van die meisies by die hotel het vir haar gesê sy moet “dit inhou en nie uitblaas nie”.

Sy het die volgende dag R200 ontvang om nuwe klere te koop en haar eerste klant was die wit man wat haar ondervra het.

Deur die loop van die volgende jaar het sy by die Victoria Lodge gebly en nog ʼn plek genaamd die Cotton Lodge, waar sy seks verkoop het om vir ʼn dwelmmiddel wat sy “wake-up” noem, te betaal. “Elke dag wat ek daar gebly het, sal ek “wake-up” kry en dan strate toe gaan. Ek het my vagina verkoop,” het sy gesê.

Sy beskryf “wake-up” as “iets klein en dit is wit en jy rook dit”.

Sy het aan die hof gesê sy herken al die beskuldigdes in die hof, maar sy het die geld wat sy verdien het aan Dubazini en een keer aan Zweni gegee.

Sy het een keer huis toe gegaan, maar teruggekeer na Victoria Lodge, omdat sy maagkrampe gekry het. Dit het weggegaan wanneer sy “wake-up” gebruik het. Ná die Victoria Lodge en Cotton Lodge het sy by die Inn Town Lodge gaan bly, wat aan Rugnath behoort. Rugnath se bestuurder, Veena Budhram, is ook aanvanklik aangekla, maar sy het intussen haarself as staatsgetuie beskikbaar gestel.

Rugnath beweer hy was onbewus van enige prostitusie by die hotel en het die bestuur aan Budhram oorgelaat. Die hotel is in Durban se Pointweg-gebied geleë, bekend vir sy rooiligaktiwiteit.

Zweni het glo ʼn prostitusiekring uit die hotel bedryf.

Die hofsaak duur voort. -SAPA

Lees ook:
Mensehandel-saak: Verdagtes weer in hof
Mensehandel-saak: Meisie glo aangehou tot sy verslaaf is
Mensehandel-saak uitgestel
Prostitute verlaat glo hotel voor “baas” opdaag
Polisie het bordeel glo vroeër besoek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Beliah ·

Twaalf en dertien jaar is nog bloedjonk. Was hul ouers nie bekommerd oor hulle nie met die wat hulle sommer hul intrek daar geneem het, was dit sommer net weggooi kinders? Indien hierdie aantygings waar is, hoop ek die beskuldigdes sit lewenslank. Glo in elkgeval hulle is skuldig.

Maggie ·

Dit gebeur gewoonlik met kinders wie se ouers nie teenwoordig is nie, inteendeel dit is die euwel van vandag, ouers werk “baie hard” verdien duisende rande om kinders alles te gee wat die ouers se harte begeer, maar dit wat die belangrikste (aandag en liefde) gebeur nie meer nie. Wat is die gevolg, die kinders raak afvallig van respek en morele waardes. Satanistiese riele, aborsies, diefstal, dwelms, raak onlosmaaklik deel van hul lewe. As hul eers in die moeilikheid is of in die tronk beland verwerp die ouers hul gewoonlik en weet kwansuis nie hoekom, waar en wat nie. (hulle is dan hierdie hoog aangeskrewe goeie mense wat so baie doen vir die gemeenskap.) Ek kan getuig van hordes jonges wat se lewens so verwoes is, veral die van die stede, en ek hoop regtig ouers se oe wil oop gaan, geld gierigheid, eie ek, het jou kind se lewe verwoes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.