Tiener gewaarsku om van 14-jarige weg te bly

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Landdros het ʼn 16-jarige seun, wat ʼn seksuele verhouding met ʼn 14-jarige verstandelik gestremde dogter gehad het, gewaarsku om van haar af weg te bly.

Landdros Willie Wilkins het Donderdag in die streekshof in Nelspruit in Mpumalanga die aanklagte teen die tiener van Masoyi naby Witrivier laat vaar nadat dit aan die lig gekom het dat die dogter nie getuienis kan lewer nie, het ʼn Sapa-korrespondent berig.

“Jy word gewaarsku om van haar af weg te bly,” het Wilkins gesê. “Sy is nog minderjarig en kan nie toestemming gee om seks te hê nie.”

Wilkins het bygevoeg meisies onder 16 jaar oud kan wettig nie hul toestemming verleen om seks te hê nie, aangesien hulle as kinders beskou word.

“As jy haar in die straat sien, dan bly jy weg van haar en jy vat ʼn ander pad. Hierdie saak word teruggetrek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Malinda ·

Ek verstaan nou nie so mooi nie kinderz vanaf 12jaar mag seks beoefen nou word genoem sy is minderjarig en kan nie toestemming gee om seks te he nie,

Neptunus ·

Vanaf 12 jaar oud? Regtig? Gaan lees maar weer op Malinda. Die landdros is egter nie by magte om die knaap te beveel om ‘n ander pad te vat nie, hy oorskry so bietjie sy bevoegdhede hier, hy is nie ‘n regter nie. Die saak is teruggetrek, so waarom maak hy die opmerking dat sy nie toestemming tot seks kan verleen nie? Hoe kon hy dit weet as geen getuienis gelei is nie?

FvR ·

Geen verstandelik gestremde persoon kan regtens toestemming tot seks verleen nie. Ek dink die regstelsel het hierdie kind in die steek gelaat en behoort die seun te vervolg. Kyk mooi, hy gaan eendag ‘n ernstiger seksmisdadiger word.

scalla ·

bring lyfstraf terug, laat hy voel. sommer doodstraf ook!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.