Tiener gewond toe kapers naby wildtuin toeslaan

Só lyk die gesin se motor nadat die verdagtes skote op hulle afgevuur het. (Foto: Facebook)

’n Tienermeisie is Maandag in die been geskiet toe kapers skote op haar gesin se motor naby die Krugerwildtuin afgevuur het.

Die voorval het hom omstreeks 12:45 naby ʼn taxistaanplek by Mganduzweni Trust buite Hazyview afgespeel. Die Numbi-hek van die wildtuin is nie ver daarvandaan geleë nie. Die gesin het in die Krugerwildtuin gekamp en het die reservaat deur die Numbi‑hek verlaat.

Só lyk die gesin se motor nadat die verdagtes skote op hulle afgevuur het. (Foto: Facebook)

Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê die 40-jarige vrou en haar twee kinders het in hul gesinsmotor gery toe twee gewapende mans hulle aangeval het. Die mans het verskeie skote op die voertuig gevuur en die tienermeisie is gewond.

Die ma het inderhaas weggejaag en ʼn ent verder stilgehou waar ’n lid van die publiek haar gehelp het.

Die meisie is na ’n hospitaal geneem vir mediese behandeling en word intussen geopereer.

Mdhluli sê die polisie is intussen op die spoor van verdagtes. ’n Saak van poging tot moord en poging tot kaping word ondersoek.

Enigiemand met inligting rakende die verdagtes word versoek om die polisie se Stopmisdaadnommer by 08600 10111 te bel. Alle inligting sal as vertroulik hanteer word.

Só lyk die gesin se motor nadat die verdagtes skote op hulle afgevuur het. (Foto: Facebook)

Só lyk die gesin se motor nadat die verdagtes skote op hulle afgevuur het. (Foto: Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

BOKKIEBEK ·

Goeie genugtig…!! Is mens net neeeerens meer veilig nie….? Ek is net bly hulle leef..

Perdeby ·

Die vrou se volle weergawe was vanoggend al op FB gewees met foto’s.

JL ·

Kruger en Numbi hekke het kort-kort probleme. Hoekom is daar nie al lankal veiligheidsmagte ontplooi om voertuie te begelei nie of moet mens shotgun begin ry?

Colin ·

SAPS konnie eens die N4 beveilig waar penne op die paaie geplaas word nie. Vir wat sal hulle nou mense begelei wat na ‘n nasionale park gaan vir vakansie?

Shakespeare ·

Dit is hoe “my people” hulle werk doen in die Kruger wildtuin. Onbevoeg en pateties en hiper krimineel. Kruger wildtuin is ‘n skraal verwoeste plek teenoor wat dit was 27 jaar gelede. They did not only change one thing, they destroyed everything.

Bernard ·

Die barbarisme kruip al nader – en Cele se Polisie dut heerlik na die gebruiklike KFC-maaltye.

Marius ·

Die wildtuin is ‘n top toeriste bestemming in die wêreld. Die regering sal moet verseker dat alle toegansroetes na die wildtuin veilig is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.