Tiener glo by PTA-hoërskool ontvoer

Abigayle Schoonraad

Abigayle Schoonraad

Lees ook: Hulp gevra om PTA-tiener op te spoor

Abigayle Schoonraad, ʼn 17-jarige skolier aan Hoërskool Overkruin in die noorde van Pretoria, word sedert Woensdagmiddag vermis en ʼn groot soektog na die man wat haar glo ontvoer het, is van stapel gestuur.

Mirna Von Benecke, ʼn polisiewoordvoerder van die Sinoville-polisiestasie, het Donderdag aan Maroela Media bevestig dat die polisie ʼn vermistepersone-saak ondersoek.

Gunther Schoonraad, Abigayle se pa, het op Facebook aangedui die 20-jarige man, wat aan hom bekend is, het haar glo teen haar wil ná skool ontvoer. Hy sê die man ry ‘n wit Renault Scenic wat vermoedelik gesteel is.

Die polisie en Schoonraad se ouers versoek die publiek om op die uitkyk te wees vir die voertuig. Die motor se registrasienommer is SBJ 668 GP.

Abigayle het lang blonde hare en groen oë.

Mense wat die voertuig opmerk of weet waar Abigayle haar mag bevind, kan die Sinoville-polisiestasie by 012 543 0800 of 012 543 8800 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jolene ·

Ek dink ek het hom gesien woensdag na skool so 12uur se kant, hy het baie tensed gelyk asof hy vir iets wag, dink dit was n renault kar, het abby met hom moontlik sien praat

Jolene ·

Ek dink ek het hom gesien woensdag na skool so 12uur se kant, hy het baie tensed gelyk asof hy vir iets wag, dink dit was n renault kar, het abby met hom moontlik sien praat

Theresa ·

Pop – Eintlik moet jy sulke goed vir haar pa of die polisie sê en NIE as kommentaar in die koerant nie. HUH!!

Grappig ·

@Theresa haha ja, ai hoe lag ek nou eintlik. Wat soek skolies op rekenaars die tyd van die dag, moet sy (Jolene) nie eerder in die skool wees nie???

Grappig ·

@Jolindy (of is jy dalk Jolene??) dis nog erger – skoolkids moet daai tyd van die nag slaap sodat hulle breine hopelik vars uitgerus is vir die volgende dag in die skool!!! Dan sou sy/jy ook wakker genoeg gewees het om dit nie te post nie maar aan polisie te gaan sê het ;)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.