Tiener glo deur winkeleienaar doodgeskiet

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn 17-jarige seun van Johannesburg is Donderdag glo deur ʼn winkeleienaar doodgeskiet nadat hy en sy maats die winkel se diefwering afgeskop het.

Lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, het gesê die seun, ʼn leerder van die Landulwazi Secondary School in Thokoza, suid van Johannesburg, het omstreeks 16:30 saam met ʼn groep vriende huis toe gestap van die treinstasie af.

“Op pad terug het hy en sy vriende gesing terwyl hulle geloop het. Hulle het na ʼn spaza-winkel gegaan wat deur ʼn buitelander besit word,” het Mogale gesê. “Hulle het die veiligheidsdeur geskop en die eienaar het ʼn vuurwapen uitgeruk. Hy het ʼn skoot op die groep kinders afgevuur wat die leerder getref het.”

Die seun is glo na ʼn nabygeleë kliniek gehaas, maar is met sy aankoms dood verklaar.

Kort ná die voorval het ontstoke inwoners in opstand gekom en ʼn bakkie, wat aan ʼn ander buitelandse besigheidseienaar behoort, aan die brand gesteek. Polisie is na die toneel ontbied en vier mense, onder wie die winkeleienaar wat glo die seun geskiet het, is in hegtenis geneem.

“Ammunisie is in hul besit gevind, maar die vuurwapen is nie opgespoor nie,” het Mogale gesê. “Een winkel en drie skeepshouers is afgebrand.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anne ·

Ek is jammer die kind is oorlede – maar hy is ‘n kind, hoekom is die veiligheids geskop, met die xenophobia wat nou onlangs so hooggety gevier het sou ek seker dieselfde gedoen het as ek die spaza winkel eienaar was.

Dave ·

Anne, ek stem 101% met jou saam! Kyk hoe ver het die haat vir buitelanders selfs in hul kinders ingesypel! Bloot omdat dit ‘n buitelander is, is sy winkel gevandaliseer. Soos jy sê, hy moes sy eiendom beskerm.

Daar is heelwat bydraers tot forums soos hierdie wat ook xenofobies is. Ek het soort van meer respek vir mense vanuit Afrika as vir die lokale swartes. Die betrokke winkeleienaar het nie gebedel maar vir himself gesorg. Die lokales is te sleg om te werk en jaloers op die finansiële suksesse wat die buitelanders bereik.

Hulle is jaloers en in die afgelope xenofobiese aanvalle in Durban het ek ‘n Ethiöpièr gebel en hom sy winkel laat toehou vir enkele dae omdat ek binne inligting gehad het wat gedui het daarop dat hy gemerk was. Nòu bedryf hy ‘n groot supermark op eiendom wat ons deel en ek ondersteun hom soms.

johan ·

Ek steun definitief nie die aksie van xenofobia nie, maar verstaan die frustrasies.

Ons is tog land met net soveel werksgeleenthede, water, krag ens. Hoe kan die regering dan verwag dat sy burgers dit wat alreeds te min is nog moet deel met nie burgers.

Seer sekerlik moes die regering een perk daargestel het van hoeveel buitelanders die land mag binnekom.

Maar nee dit is nie gedoen nie.

Dave ·

Johan, ek hoor wat jy sê, ek verstaan wat jy sê en ek voel soos jy oor die platgetrapte heinings wat een tyd as grense gedien het. Ek het bloot verwys na xenofobie en wat daarmee saamgaan is dat hulle met elke verkiesing steeds stem vir diè wat Sui Afrika oopgegooi het vir Afrika. Ek het ook daarop atent gemaak dat die buitelanders gewoonlik besighede bedryf en dus minder van aalmoese afhanklik is as die lokale swartes.

Daar is egter iets anders met betrekking daartoe wat my versigtig stem; die buitelanders wat Suid Afrika binnestroom vlug vanuit hul tuislande om verskillende redes. Hoe sal jy daaroor voel ‘n oorsese land ken aan ons blankes vlugtelingstatus toe en wanneer ons daar is begin jy ‘n winkeltjie om vir jou gesin te sorg en die lokale inwoners verwilder jou omdat jy ‘n buitelander is? Lees weer wat ek gesê het en besef dat dit uiters moontlik is dat òns gaan vlug uit hierdie land en jy sal waar jy ook al land iets moet doen om vir jou huis te sorg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.