Tiener glo verkrag tydens taxi-partytjie; drie dae lank aangehou

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Taxibestuurder is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 14-jarige meisie in Soweto, Gauteng verkrag het.

“Die meisie is oorspronklik van Palm Springs,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê.

Altesaam 26 taxibestuurders wat leerlinge skool toe vervoer, het op 16 Desember ʼn partytjie in ʼn parkeerarea in Soweto gehou.

“Die tiener het die partytjie bygewoon,” het Makhubela bygevoeg. “Sy is na die partytjie na ʼn huis in Soweto geneem waar sy glo tot 19 Desember aangehou is.”

Die tiener het ʼn saak by die Naledi-polisiestasie aanhangig gemaak nadat sy vrygelaat is. “Ons was sedertdien op soek na die bestuurder van die mikrobus. Hy is uiteindelik in hegtenis geneem en sal Woensdag in die Protea-landdroshof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Riaan ·

Wat soek ‘n 14 jarige meisiekind by ‘n partytjie van 26 groot manne?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.