Tiener in hof oor familielede se plaasmoord

plaasdamʼn Tiener het Dinsdag in verband met die plaasmoord op die egpaar Will en Anje Kiesling van Lephalale (Ellisras) in Limpopo, in die hof verskyn.

“Die saak is in die Mokopane-landdroshof tot 19 Mei uitgestel nadat die tiener besluit het hom nie aansoek te doen om borgtog nie,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie in Limpopo, gesê. “Hy word in ʼn plek van veiligheid aangehou.”

Die 16-jarige is by sy voog se huis in Mosselbaai in die Wes-Kaap aangekeer. Hy het aan die einde van Maart in die Mosselbaai-landdroshof verskyn, maar die saak is na Mokopane oorgeplaas, aangesien die egpaar se liggame op hul plaas in Limpopo opgespoor is.

Will (69) en Anje (66) se liggame is op hul plaas Merebank in die Swartwater-distrik opgespoor nadat familielede nie met hulle in verbinding kon tree nie. Hulle liggame was glo reeds in ʼn gevorderde stadium van ontbinding.

Die seun is na bewering ʼn familielid van die egpaar. -SAPA

Lees ook:
Plaasmoord: 16-jarige vas vir moord op egpaar
Plaasmoord: Man en vrou dood aangetref

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.