Tiener in hof oor pa se moord

Argieffoto (Foto: Unsplash)

’n Tienerseun (17) het Vrydag in die Tiyani-landdroshof in Limpopo verskyn op aanklagte van moord. Dít nadat sy pa verlede naweek wreedaardig in ’n nedersetting in dié provinsie vermoor is.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het in ’n verklaring gesê ’n familielid het verlede naweek op die 47-jarige Mpho Robert Mohale se verbrande liggaam in sy huis in ’n nedersetting in Sekgosese afgekom.

Mohale se seun is ná ’n ondersoek Sondag in verband met die moord in Pretoria in Gauteng in hegtenis geneem. Die motief vir die moord is in dié stadium onduidelik, het Mojapelo gesê.

Volgens Mojapelo is die tienerseun se aansoek om borgtog gedurende die hofverskyning geweier. Hy sal na verwagting weer op 4 Junie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

marius ·

Wat het dit so skeef geloop dat kinders ontaard in monsters ? Die hele land vol !

Cherokee ·

Onthou jy jàrre gelede, dekades gelede, het die anc gesê hulle gaan die land onregeerbaar maak. Hulle het woord gebou.

Amatambo ·

Marius, sedert daar4 nie meer soiets soos goeie outydse “DISSIPLINE” toegepas word nie – die satan het die liberales oortuig dat “DISSIPLINE” net die arme ou bloedjies se REGTE skend – REGTE wat hulle toelaat om op te tree soos hulle wil sonder om enige verantwoording vir hulle dade te aanvaar…

Blomme ·

Wanbegrip van demokrasie! Kinders ken nie die betekenis van respek. Te vinnig te veel regte en dan nog die feit dat hul onaantasbaar is volgens die land se wetgewing. Praat van ń verlore generasie!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.