Tiener in hof vir moord op ‘swanger’ meisie

hof-hamer

Argieffoto.

Die 17-jarige seun van Limpopo wat in hegtenis geneem is vir die moord op sy 14-jarige meisie wat glo swanger was, het Woensdag in die hof verskyn.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die saak is tot Dinsdag uitgestel wanneer die seun na verwagting om borgtog gaan aansoek doen.

Maroela Media het vroeër berig die seun is in hegtenis geneem kort nadat sy meisie se liggaam op Tafelkopberg in Motetema naby Groblersdal gevind is.

“Die meisie se liggaam is deur ʼn verbyganger op die piek van die berg gevind. Sy het verskeie beserings reg oor haar liggaam gehad,” het Ngoepe gesê.

Volgens Ngoepe het die polisie vinnig gereageer en inligting opgevolg nadat ’n voorlopige ondersoek daarop gedui het dat haar kêrel moontlik met haar moord verbind kan word.

“Die polisie ondersoek bewerings dat die verdagte glo die oorledene gedwing het om ʼn aborsie te kry omdat sy blykbaar swanger was.”

Die seun en die meisie was albei leerders aan Buleu High School in Motetema.

Die polisie het die meisie as Dimakatso Tlaka geïdentifiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.