Tiener in Noord-Kaap vermoor

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 18-jarige meisie se naakte liggaam is op ʼn berg in De Aar in die Noord-Kaap opgespoor.

“Kinders wat daar naby gespeel het, het op Raumoney Marsha Candice Frolick se liggaam afgekom,” het kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, gesê. “Sy het sigbare beserings aan haar gesig, nek en kop opgedoen.”

Naidu het gesê die polisie is op soek na mense wat betrokke was by die moord. Die tiener is laas Vrydagaand by ʼn plaaslike kroeg gesien.

Die berg is in Sunrise in De Aar geleë.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

winnie ·

ai tog dis hartseer waneer gaan die moorde op ons kinders ophou hulle moet daar wees vir die nageslag as dit sô aanhou gaan die hele mensdom se voortbestaan uitgeroei word
die moordenaars moet die doodstraf kry

Elizabeth ·

…en 9-jarige meisie se lyk op ashoop gevind (verderaan op Maroela) – hoe word veral meisies soos ‘n stuk ou koerant net weggesmyt na sy vermoor is. En ek gee nie te kenne dit gebeur nooit met seuns maar lees maar. Elke dooie sal eendag voor verantwoording gedoen moet word. Al kom die moordenaars dal nou “weg met moord” – eendag….

scalla ·

Volgens my nie meer n tiener nie, reeds 18 jaar, dis stem geregtig en hang in kroeg uit, hier is iets anders aan die broei gewees, brandewyn het nie brieke nie en whisky ook nie n clutch nie, hoop die waarheid kom uit, sterkte aan haar familie

zahn ·

Is waar, dit herinner nogal aan die Bredasdorp ding. Dié een is net bietjie langer na die tyd ontdek.

Bly maar tragies ou Scalla, toe ek jonk was, het ons dit ook gedoen, die probleem is dat dit nie meer veilig is om selfs in jou huis te bly nie. Hierdie is net ‘n sieklike simptoom van hierdie vrot regering se onvermoeë en onwilligheid om hul werk te doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.