Die polisie in KwaZulu-Natal ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn tiener Saterdag in Pietermaritzburg doodgeskiet is.
“Die 18-jarige slagoffer was omstreeks 19:40 in Kerkstraat toe hy doodgeskiet is,” het lt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media bevestig. “ʼn 26-jarige man is in verband met die moord in hegtenis geneem.”
Volgens Gwala is die motief vir die moord nog nie bekend nie.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is na die toneel ontbied. “Die jong man het in die middel van die straat gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het. Hy het ʼn skietwond in sy bors en been opgedoen en het nie enige teken van lewe getoon nie.” Paramedici het KPR toegepas, maar ná 30 minute is hy op die toneel dood verklaar.
“Die verdagte sal binnekort in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn,” het Gwala bygevoeg.
Ek kry die indruk dat die maroela verslaggewer in KZN ekstra hardwerkend en wakker is want ons kry dikwels nuus oor ongelukke en misdaad wat dalk nie in ander provinsies die nuus hier sou haal nie. Ek mag verkeerd wees.
Ook al op gelet… maar dankie dat hul dit vir ons verniet deur gee… Dankie Maroela…
Dalk kan die hardwerkende siel vir ons skryf van watter ras hierdie slagoffer en sy vermeende moordenaar is. Of was dit hoorse of is hy blind.