Tiener jok glo oor ontvoering

Twee motors het langs mekaar by ’n vulstasie stilgehou waarna skote skielik geklap het.(Argieffoto: pixabay)

Die polisie in Jouberton, ʼn buurt van Klerksdorp in Noordwes, ondersoek ʼn saak van meineed nadat ʼn 15-jarige meisie glo valslik beweer het dat sy ontvoer is. Dit het daartoe gelei dat die polisie op ʼn dwaalspoor geplaas is.

Kol. Adéle Myburgh, woordvoerder van die polisie, sê die tiener het beweer dat sy Maandag omstreeks 06:50 op pad skool toe ontvoer is.

“Stemboodskappe van die tiener waarin sy beweer dat sy deur drie mans in ʼn swart Volkswagen Polo ontvoer is, is wyd versprei,” sê Myburgh.

“Sy het in die stemboodskappe ook gesê die vermeende ontvoerders het geklink asof hulle van Nigeriese herkoms is.”

Die tiener het beweer dat sy daarin kon slaag om van haar vermeende ontvoerders te ontsnap deur uit die voertuig te spring. Sy het daarna ʼn saak van ontvoering by die polisiestasie in Jouberton geopen.

“Die polisie het dadelik met hul ondersoek begin en bepaal dat die meisie onder eed gelieg het. ʼn Saak van meineed is aanhangig gemaak en word tans ondersoek.”

Lt.genl. Sello Kwena, provinsiale polisiekommissaris in Noordwes, het die gemeenskap gewaarsku om hulle te weerhou daarvan om valse sake aan te meld omdat dit ʼn kriminele oortreding is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Tiptol ·

Sy het die geleentheid van iemand anders weggeneem wat hulp móés kry.

Toy ·

Sy moenie dink dit was snaaks gewees om in hierdie tyd waarin ons leef, so iets te doen .

Magda G ·

Sy moet swaar getref word. Was n vermorsing van mannekrag se tyd en belastingbelaters se geld. Sy het geen selfrespek nie

Misky ·

Hoe verveeld moet jy nie wees om sulke twak uit te dink en dan deur te voer nie. Straf haar ordentlik!!!

Mieke ·

Sy’s nog net ‘n bogsnuiter… so ‘n kind besef nog nie regtig wat sy in werklikheid aangevang het nie. Emosioneel heeltemaal onvolwasse. Sy verdien ‘n baie goeie straf, maar ek glo nie dat sy van meineed aangekla moet word nie omdat sy dalk self nie weet wat meineed beteken nie. Laat sy vir eerder vir ‘n jaar, elke naweek, gemeenskapsdiens doen…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.