Tiener kan arm verloor ná slangbyt

Susanna Nel by haar dogter, Anthea Wentzel. Foto: Facebook

ʼn Tiener van Limpopo kan haar arm verloor as haar ouers nie dringend genoeg geld kan insamel nie vir ʼn operasie nadat ʼn slang haar gepik het.

Susanna Nel, sê in ʼn Facebook-inskrywing haar dogter Anthea Wentzel (17) van Lephalale het Donderdag omstreeks 03:00 lê en slaap toe ʼn Mosambiekse spoegkobra haar gepik het. Sy het haar vriend gaan wakker maak en gesê sy dink daar is ʼn slang in haar bed wat haar gepik het.

Anthea kan haar arm verloor as nie binnekort geopereer word nie. Foto: Facebook

“Rian het na haar kamer toe gegaan en die duvet opgelig,” vertel Nel in die inskrywing, “toe spoeg die kobra hom. Hulle het my wakker geskree en ons het dadelik hospitaal toe gejaag. Die staatshospitaal by ons het nie teengif [gehad] nie en ek het hulle Mediclinic toe gevat.”

In die private hospitaal het Anthea agt ampules teengif gekry en is sy daarna na die staatshospitaal oorgeplaas omdat sy nie aan ʼn mediese fonds behoort nie.

Haar ma vertel die swelling aan haar arm is baie erg. “Die swelling is tot in haar nek en haar nek is ook styf.”

Sy vertel ʼn dokter by die Mediclinic sal ʼn operasie op Anthea uitvoer mits hulle R45 000 betaal, waarvan die gesin reeds R25 000 bymekaar kon kry. “Ons het dit dringend nodig, anders is die kanse baie groot dat sy haar arm kan verloor.”

Amor Schoeman van die Child Medi Organisation sê Anthea is “rustig maar sy verduur baie pyn”. Sy word steeds in die staatshospitaal op haar tuisdorp behandel tot haar gesin genoeg geld kan insamel om haar vir die operasie na die private hospitaal te laat oorplaas.

Enigeen wat Anthea wil help, kan die Child Medi Orginisation se Facebook-blad besoek vir nog inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Johann ·

Ja, vir dokters gaan alles oor geld… Wat het geword van die eed wat hul aflê???

Jaco ·

Dis presies wat ek ook gedink, ek meen dokters het hard gewerk om te kon kom waar hul wil wees, MAAR die bedrae geld wat hul deesdae vrae is waansin…Dis oneties verby…ek onthou as kind jare gelede was dokters en spesialiste welgestelde mense maar in vandag se dae leef hulle soos hollywood sterre. Weelde soos nog nooit van tevore nie…dit ten koste van hardwerkende middelklas mense wat moet kripeer en bloedgeld moet gebruik om daardie rekeninge te kan betaal. Dis siek verby.

Opinie ·

Die hospitaal het gedoen wat hul moet doen om haar lewe te red deur 8 ampules teengif te gee. Om haar arm te red is nie noodsaaklik vir haar oorlewing nie. Hoekom het mense DSTV en gaan op vakansie, maar hul het nie hospitaal planne nie?

wonder ·

Stem saam John geld is belangrijker as iemand se lewe WAT VAN DIE EED. Hoop en bid daar Dr het nie kinders nie, Ops sorry nie Dr nie GELD-god!!!!!!!!!!!!!!!

Marlaw ·

Dis nie net die dokter se koste nie, maar ook die hospitaal & teater se koste. Dit slaan my dronk dat mense in vandag se lewe nog sonder mediesefonds of selfs net mediese verselering oor die weg kan kom. Mens besef dat baie mense dit finansieel nie kan bekostig nie, maar dan is daar ook baie mense wat rook en sterk drank gebruik, en dan kla dat hul nie geld vir medies het nie. Ongelukkig word die dokters, wat hard studeer het, teen hoë koste, dadelik beskuldig dat dit net oor geld gaan. En heel moontlik is die dokter bereid om die operasie gratis te doen, maar dienhospitaal hef koste vir teater, mediese toerusting en die versorging van die pasient.

Heksie ·

Ja, Johan, daai vraag het ek ook al baie gevra …. Niks in dié lewe gaan meer oor hulp verleen aan ‘n medemens nie, als word gekoppel aan geld en materiële dinge

Janet ·

Kan hulle nie die operasie uitvoer in n staats hospitaal nie. So iets sal verskriklik wees vir n tiener dogter. Sterkte julle. Bid saam vir hulp

Thinus Erasmus ·

Ai Opinie, jy besef of verstaan dalk glad nie dat daar baie mense, van ons eie hardwerkende mense is, wat net geld het vir 1 – huisvestiging, 2 – kos, 3 – skoolgeld.
Die res is alreeds luukses wat lankal ingeboet is.
Wees asseblief bietjie meer sensitief en wie se die gesin het ‘n DSTV en het Desember op vakansie gegaan! Ek het nie.

Nog n oppinie ·

Die probleem dat baie mense nie n mediese fonds het nie is natuurlik iets wat opgelos kan word as Suid Afrika se Nationale Gesondheidsversekering ‘n realiteit word. Want dan betaal ons almal saam geld om memse soos Anthea te help. Met so n fonds kan mens,nie weg gewys word omdat jy nie aan ‘n fonds behoort nie….so ja ek,verwelkom,die NIH, veral aangesien daar so,baie mense is wat nie Discovery of Medihelp of watookal kan bekostig nie. Thinus ek hoop jy sal,opm die NIH verwelkom, klink of jy daarby kan baat net soos baie ander mense wat nie amder dekking het nie.

ctd ·

Geld geld geld .Die kind kan haar arm kan verloor as sy nie geoperer word nie. Is daar niemend wat haar kan help nie . Die wereld van geld darem.

Petrus Heigers ·

Ek dink julle mis die punt. Die staatshospitaal, wat deur ons belasting bestuur word, is te pateties om die tipe teengif aan te hou. Net nog weereens ‘n bewys hoe word staatsinstansies bedryf

Varkie ·

Regtig belaglik, kan nog verstaan as jy n hartoorplanting kry maar R45K vir n slangbyt? Dan wonder dokters hoekom niemand vir hul respek het nie

GM ·

Die dokters word altyd blameer, maar die meeste vergeet dat die dokters nie die plek besit nie, hulle WERK daar vir ‘n salaris. En wees maar realisties, hulle kan nie ALS verniet doen nie. Daar is dikwels dokters, narkotiseurs ens. wat hul dienste verniet aanbied in sekere gevalle, MAAR die hospitaalbed kos nogsteeds geld om te gebruik, die toerusting kos geld, die medisyne kos geld. As almal verniet behandel word, gaan privaathospitale nie meer kan funksioneer nie. Die bedrae wat hul vra, is belaglik though. En ek sou ook graag wou sien dat hul eerder die meisie se arm red, as wat hul so aangaan oor deposito’s, maar van ‘n besigheidspunt, moet mens hul kant ook seker insien.

Ongelukkig gaan hou ons land se ministers eerder partytjie en koop duur motors ens. met almal se belastinggeld, as wat hul staatshospitale op standaard bring. Maar ek glo hul sal dit so swak hou, want as niemand meer mediese fondse en privaathospitale ondersteun nie, verloor die regering BAIE V.A.T.-geld wat hul so op als bysit.

zoom zoom ·

Hoekom het die Staatshodpitaal nie die nodige teengif gehad nie. Dagvaar die hospitaal vir nalatigheid asook die min van gesondheid. Dit is die hoeveelste slangbyt geval en die staatshospitaal se bestuur behoor te weet om die nodige teengif aan te hou

Iemand ·

Farmaseutiese maatskappy wil nie meer teengif maak nie, want dis nie vir hul so winsgewend soos wat (byvoorbeeld) chroniese medikasie is nie. Dit gaan al hoe moeiliker raak om teengif te bekom. Daar is n paar dae gelede n artikel geplaas daaroor deur die WHO. Soek vir. “WHO gears up to solve world’s antivenom crisis”

Baie sterkte ·

Baie sterkte aan die kind en haar ouers. Hulp sal daar wees.

Hoe gril ek nou vir hierdie foto van die opegekrulde sluwe slang. Hierdie is die soveelste geval van spoegkobras wat mense in hulle beddens byt en spoeg. Klink of daar baie gevaarlike en listige slange in Lephalale is. Wees versigtig kyk in jul kamers en beddens voor julle gaan slaap vir slange en ook voordat julle die toilet gebruik. Slange is lief vir rioolpype en jy dink nog jy staan of sit dan is dit te laat want slange pik blitsvinnig.

Maar slange is orals en dit is nou slangtyd so ons moet almal oral maar versigtig wees selfs in die stede. Party slange is geneig om in en onder beddens weg te kruip. Vermy ook onnodige dinge (clutter) soos leë bokse in ‘n kamer waar slange kan wegkruip.

Bosveld ·

Ja, hier is lelike slange in Ellisras. ( Lephalale) Dis bosveld. Het al n paar slange in my erf en huis gekry. Ek voel bitter jammer vir die meisie,sy het nie gevra om gepik te word nie.

Thinus Erasmus ·

Ja privaat hospitale maak groot wins en buit die situasie uit i.v.m. die swak en ontoereikende staats hospitale. Hulle is HARTELOOS in noodgevalle, die probleem kon lankal opgelos word as hulle hul eie noodfonds en beleid opgestel het vir sulke voorvalle – soos ander instellings wat dit doen of pro-bona werk verrig.
In my besigheid maak ek ook voorsienig om mense te help wat regtig in nood is en nie dadelik kan betaal nie.
As sal ook geld skenk, ek het vanoggend. stuur link of banknommer asb.

Thinus Erasmus ·

Jammer ek het nie tot heel onder gelees, maar ek het ook nie facebook nie.

SjN ·

Dit is nie die dokter wat die werk doen wat so baie vra nie, gaan kyk op rekening dan sien jy wat vra die narkotiseur, teater fooi ens

Werk by dokter ·

Ek stem saam. Daardie bedrag gaan grotendeels vir die hospitaal, die dokter kry maar ‘n klein gedeelte daarvan. Ek weet, want ek stel gereeld kwotasies op vir ‘n spesialis.

Ingelsman ·

Verskaf asb. ‘n banknommer sodat ons haar onmiddelik kan help.

jorrie jordaan ·

Mediese fooie belaglik! My seun breek sy arm . Hospitaal vra R80000 tydens opname vooruit betaal. Narkotiseur , plaat en skroewe vir arm R25000.
Hy het 3 dae instaats hospitaal gele SONDER behandeling……wond het septies geraak en ons het geld geleen by instansie hom self ontslaan uit staat hospitaal hom na privaat hospitaal geneem selde dag operasie , septisme behandeling teen ‘n prys maar hy kon ook sy arm verloor het!!!

Rikku ·

Plaas Link of Bankrekening Nommer.
Ek wil graag n Donasie skenk.
Sterkte Anthea, hou moed. Daar sal mense wees wat ‘n bydrae sal maak.

Pieter ·

Beste slangopspoorder, onderskryf deur Dave Pepler: worshond of Jack Russel. Myne is gekruis met ‘n Jack Russel. Hy het gister ‘n vlêrmuis uit my slaapkamer verwyder (die dier was laag agter die deur), ‘n spoegkobra en luislang na 7pm doodgemaak wat vir die hoenders kom kuier het. Die hond slaap in my kamer, hou my plek veilig. Ons bly in die Waterberge.

Wilmarie ·

Ek het n worshond. Genade,sy los niks uit nie. My senuwees is klaar!!

Thinus Erasmus ·

Dit is waar dat die mediese personeel lang ure en baie hard werk, en dat die meerderheid ook nie behoorlik finansieel vergoed word daarvoor nie. Maar dit is nie die red vir die ekstreme hoe kostes nie. In SA is die privaat mediese bedryf, die hospitale, toerusting en medikasie, ‘n mega wins bedryf wat in bykans geen ander land so winsgewend is nie, vra maar vir Discovery.

Lollie ·

Alles gaan oor geld. My broer het ook so maand gelede ń operasie gehad. Dokter se koste is belaglik. Darem het hy ń mediese fonds maar nogtans. Dokters hoef nie verniet te werk nie maar beslis ook nie die dam onder die eend uit run nie en dis presies wat hulle doen!

anni ·

Genade kan di hospitaal ni net solank di R25 000 gebruik vir deposito ni.

Jaco ·

@ Opinie, dus kan dokters en spesialiste dan vrae wat hul wil omdat mense Dstv besit? R80 000 vir as jy n arm breek soos jorrie hier onder sê….wats volgende…R200 000 vir n kraamgeval?, my punt is dat dit grens aan belaglik en erens moet daar ingegryp word, dit kan nie meer so aangaan nie…BTW, ek het nie n mediese fonds nie, ek moes dit twee jaar terug kanseleer weens belaglike premies en ook nie, Dstv, luukse vakansies of huishulpe nie, maar ek werk my vingers tot op die been.

Jaco ·

@ GM, Natuurlik is daar uitgawes betrokke om n hospitaal te hardloop en verwag niemand dat dit verniet moet gebeur nie, maar die punt is dat dit belaglik raak wat hopsitale en spesialiste pasiente vrae, soos Jorrie hier onder sê, R80 000 vir n gebreekte arm, wat is volgende? Dalk R250 000 vir n kraamgeval ? R1 Miljoen vir n knie vervanging?…soos wat privaat mediese sorg styg is dit hoogs waarkynlik binnekort die geval….Dit spiraal buite beheer en erens gaan daar ingegryp moet word. Hul kan vrae wat hul wil want hul weet dis baie keer n geval van lewe en dood en sal mense hul huise verkoop vir mense wie hul lief is om die kostes te dek. Privaat praktisyns, vernaamd spesialiste wat van tuis wonings afwerk is ook maar net so buitensporig, dus is dit nie net die hospitale wat hieraan skuldig is nie. Selfs hoër middelklas gesinne begin hul mediese premies kanseleer of af te skaal na goedkoper opsies wat ongesien was in vroeer jare.

Karine ·

Wens ek weet wie die dr of drs is wat n kind wegstuur wat deur n giftige slang gepik is want hul het nie geld nie. Hul wil geld he….of sy nou sonder n arm is of doodgaan….hulle soek geld!!!!! SKANDE SKANDE SKANDE

Lorinda Gerber ·

Met ander woorde die Staatshospitaal is nie voldoende nie. Kan iemand nie bietjie die staat dagvaar daaroor nie? Waarvoor betaal ons belasting?? Ek het ook nie `n medies nie. Ek het nie `n TV/`n kar nie. Dis net onbekostigbaar.

Koos de Meyer. ·

Die eed wat hulle afgelê het is net ‘n formaliteit. Baie privaat hospitale behoort aan dokters,maar nee dit gaan nie meer oor om ‘n lewe te red nie maar oor geld. Baie dokters is nog daardie eed waardige, maar daar is ook ander wat net geld wil hê. Stem saam met Thinus, hoe hartseer dit ook al is, almal kan nie altyd medies bekostig nie. Geld is die wortel van alle kwaad. Daar bestaan nie meer iets soos naaste liefde nie. Ons leef in ‘n siek wêreld.

Mara ·

Red net haar arm asb…… geld kan nog altyd gekry word maar nie n ledemaat nie sy is nog bitter jonk en daar lê nog vir haar n toekoms voor

Onnie ·

Te veel berigte oor slangbyte deesdae. Mense moet meer versigtig wees. Mens kry n gif wt jy om jou huis en erf kan spuit om slange af te weer. Dis somer en die slange loop. Tref voorsorg eerder as nasorg = R45000

Hoesê ·

Daar is NIKS wat slange weghou nie.Alle rate is maar net om jou beter te laat voel.Gaan doen maar bietjie navraag en navorsing.

Charles ·

Daar bestaan nie n produk wat slange afweer nie, dis absolute bog. Jy kan wel voorsorg tref deur jou erf skoon te hou van rommel en sorg dat gras kort gesny is. Rommel is n plek waar muise ensomeer broei en dis die kos waar slange agter aan is. Hou deure ten alle tye toe en dis maar n paar van die voorsorgmatrieels wat gertef kan word.

GM ·

Jaco, ek het bo genoem ‘die kostes is belaglik though’. Ek probeer maar net sê dat ons dikwels geneig is om eensydig te wees, en te vergeet dat dit op die ou einde ‘n besigheid is. Spesialiste en dokters betaal ook belaglike bedrae aan versekering ens. (Ek is nie seker hoe dit werk by Medicross en sulke plekke nie, maar as jy jou eie praktyk het). Min mense dink aan al die uitgawes wat ‘n dokter ook maar het voor hy sy salaris kan begin opmaak as hy ‘n privaatpraktyk het. Meeste sê net: ‘Die dokters se pryse is buitensporig’. So asof almal dieselfde is.
Ek ken ‘n dokter wat al vele mense se rekeninge opgeskeur het omdat hy gesien het hulle sal dit nie kan betaal nie – nie omdat hy duur is nie, maar omdat die mense brandarm is. En sy personeel het die feite laat uitglip, hyself sal nie ‘n siel daarvan vertel nie.

Ek stem 100% saam met jou dat ‘n geboortegeval nie R200000 gaan kan kos nie. Meeste kan nie eers meer medies bekostig nie. Privaathospitale behoort nie te bestaan nie, ons regering moes gesorg het dat staatshospitale op standaard is. So ook moes ALMAL belasting betaal het. Maar ons almal weet hoe dit gaan.

Ek moes self al by staatshospitale gaan lê het, so glo my, ek het simpatie met die meisie se omstandighede. En ek hoop sy kry gou hulp!

Piet OVS ·

HOE kan n dokter sy rug omdraai en se ‘sit die kind se arm af ‘ want sy het nie
geld nie ???? ASEBLIEF kan ons dalk n anonieme antwoord van n dokter/enige dokter kry.

PJC ·

Mense wat dink die NGV wat die regering beoog om in te stel gaan die probleem oplos, begaan ń helse fout. Dit gaan net beteken dat niemand behalwe die heel rykes goeie diens gaan kry nie. Die van ons wat tans darem nog ń redelike goeie siekefonds het sal dit dan nie meer kan bekostig en van die beoogde NGV afhanklik wees wat presies dieselfde swak diens tot gevolg sal hê as die huidige staatshospitale. Dit werk nie eers behoorlik in eerste wêreld lande wat dit het nie so dink net watter chaos dit gaan wees onder ń onbeholpe Afrika (ANC) regering.

HARTSEER ·

Ek stem volkome saam met jou. Dit gaan met die NGV veel erger gaan in Staatshospitale as nou. Hul kan nou nie die mas opkom nie wat as almal onder hul sorg gaan wees? Die staats instansies trek almal net skouertjies op en jy moet geduldig wees en wag.

Bamsie ·

Ek is net so ontnugter met dokters, veral spesialiste. Een het my spinale koord beseer, toe vind ek uit hy het 3 ander ook beseer. Die dokters het ons aan die neus hare beet want mens is afhanklik van hulle. Veral narkotiseurs stoot hulle rekening in die rooi. My diere se vearts is opreg en vir haar is dit n roeping. Sy wil nie op my werk nie.

Bamsie ·

Om te dink dalk R 20 000 tussen haar en n arm. Soos die ekonomie versleg gaan meer mense hulle in sulke posisies bevind. Veral spesialiste is baie geldgierig want hulle is min en het n monopolie. Die felt dat ons medikasie ingevoer word, help ook nie.

Jan ·

Dis hoog tyd dat afrikaners hul eie hospitale kry en mekaar daar ondersteun en alle geld aam staat stopsit wat anti wit is..

Iemand wat weet ·

Eks nie ongevoelig nie, Almal wat so gal spoeg oor die hospitaal en dr, het jul al gedink as hul almal wat in nood is gratis help, gaan die privaat hospitaal net soos die staats hospitaal wees, hoe skei hul wie se nood is belangriker, weet een van jul wat dit per dag kos om n privaat hospitaal se deure oop te hou, maar nee, kom dat hul almal in nood gratis help of op rekening en dan more oormore, jy wat so kerm en kla, het die privaat hospitaal nie vir jou n ordentlike bed met sy elektroniese funksies en n televisie nie, maar n staal katel soos in staats hospitaal want hul moet mense in nood help, En jy wat nou hier grootbek is is die eerste een wat kla oor jou tv nie werk of jou lugversorger stukkend is! Houop selfsugtig wees neem tenminste n hospitaal plan uit vir jou kinders, hou op om die hospitaal en drs te blameer vir jou te kortkominge, as die privaat hospitaal nie daar was nie wat sou dan van ‘ jou’ geword het, dis met rede dat dit n privaat hospitaal genoem word!

Thinus Erasmus ·

Iemand Wat Weet, kom ek vertel jou iets wat jy dalk nie weet nie: die televisie en “ordentlike bed” by die privaat hospitaal kan nie regtig die R10 000 per dag opmaak nie. In elk geval moet jy ekstra betaal vir die afstandbeheer en oorfone om na daai tv te kyk. En dit is werklik nie noodsaaklik nie, nie eens die lugversorging nie.
Gebruik jy dit nie word die kapitaal koste van die tv en lugversorging in elk geval ook in jou rekening ingewerk.
Tweedens, ja ons het ambulans en noodsorg versekering vir sover ons dit kan bekostig. Ons betaal wel vir tandarts, brille, dokters en medikasie self, ten volle, die normale prys.
En derdens, noodgevalle is nie die hospitale se enigste besigheid nie, nee dit is maar net ‘n persentasie, so hul kan seker erens bietjie help, die personeel is bereid!
Vierdens is die vereiste van die volle deposito, wat soms meer is as die totale rekening onbillik. Vra maar vir enige leweransier aan die privaat hospitaal of hul vooruit betaal word?
Laastens, die diens en higiene by van die privaat hospitale reflekteer glad nie die kostes meer nie, my skonnpa is opgeneem en het vir amper ‘n week die verkeerde drup ontvang, nadat daar baie duidelike instruksies was dat hy diabeties is! Ook is die probleem van Altzheimer duidelik oorgedra en nogtans is die instruksies skof vir skof ge-ignoreer.
En so baie mense het die afgelope tyd die gevreesde hospitaal infeksie na operasies opgetel en gesterf of byna.

Jaco ·

Beste “iemand wat weet”…wat n hospitaal per dag vrae NET VIR VERBLYF , kan ek in the “One and Only” hotel in Kaapstad gaan bly met my eie koningsgrote bed en pragtige uitsig oor die V&A Waterfront nogaal gemubileer met meubel stukke wat lyk soos uit “weatherlys” se dae, of selfs die Oyster box hotel in Umhlanga Rocks…..enigste verskil is net, ons privaat hospitale lyk nie soos 5 ster hotele nie, so erens is daar fout! Net vir interesantheid, Suid Afrika het die 4de duurste mediese sorg in die wereld…..kan jy dit aan my verduidelik?

Eddy ·

Ek het al voorheen gelees van slangbyte in Lepalale(Ellisras).So dit beteken daai slange kom voor daar.Die staatshospitaal moet dus mos al voorbereid wees en die nodige behandeling kan gee.

LD ·

Ek is van Potgietersrus Limpopo so +- 300km vanaf Ellisras en hier is dit net so vrot van die Mosambiekse spoegkobras! Geen staats hospitaal hier rond het teengif nie! Almal word altyd Pietersburg toe gestuur, as jy daar kom dan se hulle, daar is ongelukkig geen teengif by enige van hulle hospitale nie! Kan ook nie verstaan hoekom hulle nooit teengif in voorraad het nie, terwyl hier so baie spoeg kobras in die gebied is nie! Ons bly op n plaas en hier is omtrent alle soorte adders en kobras en mambas! Nou wil party mense kwaad word as daar n slang dood gemaak word?? Dis hoekom ek op n vorige berig kommentaar gelewer het en gese het dis asof die Mosambiekse spoegkobra mense jag! Wat soek hy in n bed? Dis mos nie sy habitat nie!

Louis ·

Almal wat so kla oor dokters se fooie, moedig ten minste jou kinders aan om medies te gaan swot. Dan is hulle darem verseker van n goeie inkomste. Nee, ek is nie in die mediese bedryf nie.

Gesiggie ·

Almal verdien nie duisende rande… en nie almal kan n medies bekostig?? dit maak n mens eintlik so siek om te dink…. als draai om geld?? as jy dit nie het, is jy magteloos”” en as dit kom by iemand se lewe… betaal eers, dan kan ons jou help”” staats Hospitale voel n veer vir jou… hul is net daar vir die geld en nie omdat hul regtig omgee vir mense… Ek bid vir Anthea… dat daar n Engel buite is wat haar sal help sodat sy die regte behandeling kan kry, en sodat sy nie haar arm verloor. Sterkte aan die gesin.

kallie ·

Hoekom klim die adders in hierdie warm tye in ‘n bed? Ek stem 100% saam met van die lesers, alle adders moet voor die voet dood gemaak word, daar is hoegenaamd geen sin daarin om die ding vry te laat nie, veral nie as jy in ‘n gebied bly waar die mediese dienste so power is nie. Die Minister van Gesondheid moet ophou beloftes maak en die hand aan die ploeg slaan,maar stemtyd lê mos voor die deur, weer beloftes, beloftes en ‘n nasie word verswelg deur korrupsie en bedrog van die Amptenary in hulle leerstoele.

SjN ·

Max, jy gaan maak dat die rekening volgende keer 4 x meer gaan wees

Anoniem ·

Aan almal wat kla oor die slegte diens in staatshospitale: my kind werk in so hospitaal. Sy vorige werksweek was 90+ ure. Dis moordend. Nogtans geniet hy die werk en gee hy sy beste.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.