ʼn Tiener is kritiek beseer nadat hy Saterdagmiddag uit ʼn parkeergebou by Durban se suidelike strand geval het.
“ʼn 18-jarige seun het op ʼn muur van ʼn boonste parkeerverdieping gesit toe hy gegly en geval het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Die tiener is vir ernstige kopbeserings behandel voordat hy na ʼn hospitaal geneem is vir verdere behandeling.”
Die berig sê eintik niks. Baie mense val gereeld van dakke af. Maak wel n verskil as dit n dubbelverdieping is en of dit 6 verdiepings is. Op eersgenoemde is dot nou nie nuuswaardig nie.
Nie meer n tienerseun op 18 nie, die jongman was bloot agterlosig,
Van wanneer af ry Durban-paramedics ‘n GP-kar?