Ma sterf ook toe keermuur op huis val

Reddingswerkers probeer steeds die gebou te versterk. (Foto: Reaction Unit South Africa)

Reddingwerkers het Vrydag ure lank gespook om die liggame van ʼn ma en seun uit hul huis in Waterloo, KwaZulu-Natal, te verwyder nadat ʼn hoërliggende keermuur op die huis ineengestort het.

Reddingwerkers het moeite gehad om die huis binne te gaan omdat die terrein so onstabiel was.

Volgens Prem Balram, woordvoerder van Reaction Unit South Africa (Rusa), is die liggame van die 59-jarige vrou en haar 16-jarige seun omstreeks 16:00 uit die huis verwyder.

Gespesialiseerde toerusting is na die toneel gestuur wat die gebou lank genoeg versterk het sodat reddingwerkers daar kon ingaan om die tiener en ma se liggame te verwyder (Foto: Rusa)

Rusa-beamptes is reeds Donderdagaand omstreeks 23:00 na die toneel ontbied nadat ʼn groot gedeelte van die muur deur die dak geval en die tiener in sy bed platgedruk en sy ma in haar slaapkamer vasgekeer het.

Die ma het lank ná die voorval nog gehuil en om hulp geroep, maar sy het later stil geraak. Paramedici vermoed dat sy mettertyd aan haar beserings beswyk het.

Die oorledene se ouer broer, wat ten tyde van die voorval ook in die huis was, het ongedeerd daarvan afgekom.

Reddingsdienste kon teen Vrydag vroegmiddag nog nie die gebou binnegaan nie. Gespesialiseerde toerusting is na die toneel gestuur wat die gebou lank genoeg versterk het sodat reddingwerkers daar kon ingaan om die tiener en ma se liggame te verwyder.

“Brandweerbeamptes van die Ethekwini-brandweer en lede van die polisie se soek-en-reddingseenheid het die gebou betree en die liggame verwyder,” het Balram bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Marius ·

Jammer oor die verlies maar keer mure moet afgeteken word volgens fotos is daar n paar vrae wat gevra moet word sterkte

Jr ·

Hierdie is ook omdat daar nie mense soos bou inspekteurs meer is nie. As daar is is hulle te min en word ook ” bribes” betaal vir bou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.